Volop vermaak by amptelike opening Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 19 June 2026 12:00
Untitled Document

Die amptelike opening van Xpress Batteries Silver Lakes op 30 Mei was ’n dag vol opwinding, geskenke, lekker warm worsrolletjies en lewendige vermaak.

Eienaar Jakes Stadler van Legends Power Holdings in Moreletapark, waar hulle sedert 2009 mense se battery-probleme oplos, het die nuwe tak amptelik met die knip van ’n lint geopen, bygestaan deur Glenn Geldenhuis, Carin Stadler, Chantelle Stadler en Elize de Nysschen.


Die lint word met die amptelike opening geknip. Van links na regs staan: Glenn Geldenhuis; Carin Stadler; Jakes Stadler; Chantelle Stadler; en Elize de Nysschen

“Sukses word deur sterk vennootskappe, toegewyde mense en ’n gedeelde strewe na uitnemendheid gebou,” het Jakes gesê. “Ons sien uit daarna om die Silver Lakes-span te sien groei, floreer en ’n gewaardeerde deel van die Xpress Batteries-suksesstorie te word.”

 

© 2025 Die/The Bronberger