|
 Casablanca Manor bied ‘n Winterfees ten bate van die Down Sindroom-vereniging van Pretoria aan. Die fees is op 30 Mei van 9 vm tot 4 nm op plot 121, Stamvrugweg, Donkerhoek. Musiekkunstenaars wat gaan optree is Pieter Erasmus, Alwyn Oberholster en Ryan Roux LeRoy. Daar gaan ‘n mark met uitgesoekte kraampies wees, KWV proesessies, volop te ete, ‘n potjiekoskompetisie en ‘n speelplek vir kinders. Kaartjies kos R250 vir toegang, potjiekos en proesessies en is by quicket.co.za beskikbaar. Vir meer inligting skakel 082-772-9983.
~*~
 The Pretoria East Car Show is from 9 am to 5 pm on 23 May at Church of the Beatitudes, plot 88 Atterbury Road, Zwavelpoort. A wide variety of classic, custom and exotic cars will be on display and there will be live entertainment to keep the vibe going all day. Visitors can look forward to delicious food stalls with something for every taste. Dedicated play areas will keep the children happy and entertained. Tickets are available at howler.co.za or at the gate and cost R100 for adults and R50 for pensioners. Children under 18 pay R50 and children under six years old go in for free.
~*~
 ‘Road to STRAB: Laat die wiele rol’ word om 8 nm op 22 Mei by Boiler Room Bar in die Hokaai-koopsentrum, Graaff Reinetstraat 558, Faerie Glen aangebied met Hudsons House, Sea of Green en DJ Dutches. Kaartjies kos R100 by quicket.co.za en R120 by die deur. Vir meer inligting, skakel 068-583-2560.
~*~
 ‘Tronk met ‘n ‘D’’ word op 12 Junie om 7 nm en op 13 Junie om 11 vm by Fairtree Atterbury-teater aangebied. Sosiale vlinder, Leksie Pieterse (Ignatius van Heerden), word tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die gifmoord op haar ryk vroetelpappie, Bakkies Barnard. In die tronk beland sy in ‘n sel saam met Cruella (André Lötter), Bakkies se weduwee, en die legendariese Daisy de Melker (Tobie Cronjé), wat volgens rekords lankal dood behoort te wees, maar nou die vrouetronk met ‘n ysterhand regeer. Wanneer Leksie ontdek dat haar slinkse prokureur, prok Skuim, ‘n dubbele lewe lei begin ‘n gevaarlike spel van wraak. Kaartjies kos R250 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.
~*~
 ‘Fatman en vriende – ‘n groot verjaarsdagkuier’ word om 7 nm op 24 Junie by AfriForum-teater opgevoer. In dié energieke vertoning neem Fatman en sy musiekvriende die verhoog oor met humor, warmte, bekende treffers en verrassende duette. Fatman vat ook sy hele orkes saam vir die spesiale vertoning. Standaardkaartjies kos R160 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark.
~*~
 Die ‘Loop en proe tussen die wild fees’ word op 30 Mei van 10 vm tot 5 nm by die Windy Brow-natuurreservaat op die R513-pad buite Cullinan gehou. Wandel op ’n rustige 2.5 km roete deur die reservaat, terwyl jy kameelperde, sebras, koedoes, rooibokke en blouwildebeeste van naderby bewonder. Langs die pad is daar verskeie proepunte met ’n verskeidenheid wyn, jenewer, whiskey, brandewyn en likeurs. Die avontuur eindig by ’n kuierarea waar verversings te koop is. Kaartjies kos R170 en sluit ’n glas, proesessies en toegang tot die reservaat in. Bel Danie Booysen by 082-926-4326 vir meer inligting.
~*~
 Trek jou jas aan en maak gereed vir ‘n gesellige winter-wyn ondervinding. Rooi Fijnwyn vier alles wat die koue seisoen spesiaal maak: stadige slukkies en heerlike rooiwyn soos Shiraz, Cabernet en Pinot Noir. Rooi Fijnwyn word op 27 en 28 Junie van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Meer as 35 wynplase neem deel en mense kan na hartelus wynproe, eetgoed van verskeie koskraampies geniet en na musiekkunstenaars luister. Kaartjies kos R250, sluit ‘n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659, stuur ‘n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of besoek www.fijnwyn.co.za.
~*~
 Numerous performances of ‘Disney on Ice’ will be held at the SunBet Arena, Time Square from 27 June to 5 July. Join Mickey Mouse and his Disney friends on adventures filled with world-class skating, high-flying acrobatics, and unexpected stunts. Tickets cost from R295 to R595 and are available at ticketmaster.co.za. The arena is at 209 Aramist Avenue, Waterkloof Glen.
|