Eerste verjaardag gevier Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 17 April 2026 08:00
Untitled Document

Ons Plek Kleinfontein-kleuterskool se eerste verjaardag is op 12 Maart gevier. Die kinders het hulle talente ten toon gestel en het met musiekinstrumente en sang liedjies en rympies opgevoer. 

Sowat 50 gaste het die viering bygewoon, insluitend Solidariteit Helpende Hand-personeel, Ons Plek Kleinfontein-komiteelede, die Helpende Hand motorfietsklub, ouers, vrywilligers, skenkers, Kleinfontein aandeleblok direksielede en lede van die Kleinfontein-gemeenskap.  


Solidariteit Helpende Hand motorfietsklublede van links na regs, voor: Carlene du Toit (Ons Plek Kleinfontein-sentrumbestuurder); Jan Moolman; Adel Thompson; Karen Erasmus; en Hanli Faderl. Agter: Basie Human; Petro Voges; Balinda Povey; Marichen Robbertse;
en Manie van Niekerk
Foto’s: Verskaf 

Die motorfietsklub het nuwe skopfietsies aan die kleuterskool oorhandig en die biblioteek is vernoem en sal voortaan as die Lynette Brummer Kinderbiblioteek bekendstaan. Lynette Brummer was ’n aflos-onderwyser en is steeds ’n vrywilliger by die kleuterskool.

 

© 2025 Die/The Bronberger