|
 Fijnwyn Fiësta word op 1 en 2 Mei van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Besoekers kan ’n kaleidoskoop van kleur en ’n feestelike atmosfeer verwag. Meer as 35 wynplase neem deel en mense kan na hartelus wynproe, eetgoed van verskeie koskraampies geniet en na musiekkunstenaars luister. Kaartjies kos R250, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of besoek www.fijnwyn.co.za.
~*~
 Weiveld Village hou ’n Moedersdagpiekniek onder die bome met sanger Chris Steyn wat optree. Die hekke maak 1 nm op 10 Mei oop en Chris tree teen 2 nm op. Kos en drankies is beskikbaar en piekniekmandjies kan vooraf bestel word. Neem jou eie stoele en komberse saam. Kaartjies kos R180 en is by quicket.co.za beskikbaar. Weiveld is op die Boschkoppad se aansluiting met Grahamweg, Zwavelpoort.
~*~
 Amper 20 jaar nadat die musiekspel, ‘Ons vir jou’, by die Staatsteater in Pretoria bekendgestel is, word die produksie by die AfriForum-teater terug verwelkom. Dit is die verhaal van generaal Koos de la Rey en die Tweede Vryheidsoorlog. Die blyspel word op 29 en 30 April opgevoer. Standaardkaartjies kos R375 (kinders en pensioentrekkers betaal R225) en is by afriforumteater.co.za beskikbaar. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark.
~*~
 Jan Blohm tree om 8 nm op 25 April by die Boiler Room Bar, Graaff Reinetstraat 558, Faerie Glen op. Dié is ’n aand waar musiek en kuns saamvloei, waar Jan se rou lirieke, eerlike stories en kenmerkende klank, gekombineer met sy eie kunswerke die ruimte vul. Daar is beperkte sitplekke beskikbaar. Kaartjies kos R300 en is by quicket.co.za beskikbaar.
~*~
 ‘Het van Verlangekraal’ word van 23 tot 27 April by Fairtree Atterbury-teater opgevoer. Die weggooikind van Verlangekraal het dit gewaag om teen ’n rigiede skoolstelsel, wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie, in opstand te kom. Dié diep menslike verhaal wys Het Heiberg se kant van die saak, wie in haar lewe saak gemaak het, wat in haar gedagtes omgegaan het en bowenal hoe sy oorleef het. Kaartjies kos R250 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.
~*~
 ‘Mom and me moments’ is the name of the workshop that provides a creative bonding experience for mothers and daughters (aged nine to 14) at Anja’s Tea Garden from 9.30 am to 3 pm on 30 May. This workshop is designed by a certified life coach and mom of four, combining practical relationship tools with hands-on creativity. Tickets cost R400 and are available at quicket.co.za. The venue is at 1190 Stellenberg Road, Equestria.
~*~
 Die ‘Loop en proe tussen die wild fees’ word op 30 Mei van 10 vm tot 5 nm by die Windy Brow-natuurreservaat op die R513-pad buite Cullinan gehou. Wandel op ’n rustige 2.5 km roete deur die reservaat, terwyl jy kameelperde, sebras, koedoes, rooibokke en blouwildebeeste van naderby bewonder. Langs die pad is daar verskeie proepunte met ’n verskeidenheid wyn, jenewer, whiskey, brandewyn en likeurs. Die avontuur eindig by ’n kuierarea waar verversings te koop is. Kaartjies kos R170 en sluit ’n glas, proesessies en toegang tot die reservaat in. Bel Danie Booysen by 082-926-4326 vir meer inligting.
~*~
 ‘Sammy’s secrets: A haunting history hunt Episode 4’ is on at the Ditsong Sammy Marks Museum on the Old Bronkhorstspruit Road (R104) from 3 pm to 5 pm on 23 May. Take a step back into time to experience the grandeur of Zwartkoppies Hall. Teams of two to five people enter into a race against time to unravel riddles, puzzles and hidden clues in different rooms of the museum. Light refreshments and juice will be served afterwards. Tickets cost R500 and are available at quicket.co.za. The winning team will play against other winning teams at the grand finale towards the end of 2026 at the National Museum of Natural History. |