Het jy gehoor? / Have you heard? – Mar2026 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 19 March 2026 08:00
Untitled Document


Sit agteroor en geniet Pretoria se geskiedenis en die mites en legendes van dié destydse dorpie in die gemak van ’n toerbus. Die Pretoria Bus-avontuur vertrek om 9 vm op 18 April vanaf Castle Walk-koopsentrum in Erasmuskloof en doen aan by Fort Klapperkop, die Krugerhuis, Kerkplein, die Ou Raadsaal en die Uniegeboue. Die toer word deur TimeTraveller gereël en kaartjies kos R850, wat toegang tot die persele insluit. Om te bespreek, skakel 083-206-2262 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


NG Tygerpoort-gemeente hou ’n Paasontbyt op Opstandingsdag, 5 April. Die piekniektyd is tussen die twee eredienste van 9 vm tot 10 vm. Almal kom net ná 9 vm op die Labirint bymekaar, waar die piekniekontbyt geniet gaan word. Daar is verskillende opsies: boksies vir volwassenes en vir kinders vanaf R35. Die adres is Henrylaan 51, Shere. 

~*~


The Silkie boot sale Easter Festival will be held at Cullinan Junction, Hotel Street, Cullinan on
5 April. Silkies and other poultry breeds will be for sale and there will be Silkie goodies, such as hats, T-Shirts and gifts. Everyone is welcome. For more information, phone the organisers at 079-963-9349. 

~*~


Meer as 35 wynplase neem op 28 en 29 Maart van 10 vm tot 5 nm aan Fijnwyn Bubbles deel en elke wynplaas gaan ten minste een vonkelwyn op die tafel hê. Besoekers kry ’n kans om na hartelus te proe en eetgoed van verskeie koskraampies te geniet. Kaartjies kos R250, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Fijnwyn word by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.fijnwyn.co.za.  

~*~


‘Wat om te doen as die wêreld brand’ word op 19 April om 3 nm by Fairtree Atterbury-teater opgevoer. In dié kabaret vertolk Elzabé Zietsman die rol van ’n engel / orakel wat die kliëntedienssentrum van die kosmos eiehandig beman. Die gehoor kan uitsien na vurige vertolkings van bekende treffers en ’n pragmatiese benadering tot oorlewing in tye wat soos die einde van dae voel. Die musiekregie is deur Jody Jason Peterson en die teks en regie deur Bibi Slippers. Kaartjies kos R250 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.

~*~


Beleef die ikoniese pa en seun duet, Riaan en Franna Benadé, op 11 April by die Weiveld-skousaal op die Boschkoppad se aansluiting met Grahamweg, Zwavelpoort. Die deure open 5 nm en die vertoning begin 7 nm. ‘Ken jy die land’ is ’n splinternuwe vertoning, aangebied deur DeBende Produksies. Die gehoor kan uitsien na ’n aand vol musiek en stories vir oud en jonk. Algemene toegangskaartjies kos R320 en is by iTickets beskikbaar. 

~*~


‘The Perfect Blendship’ bied ‘Napoletana tot Propperse Afrikana’ – wynproe en musiek – op 11 April om 3 nm by AfriForum-teater aan. Douwe Bijkersma (bariton) en Lanie Coetzer (mezzosopraan) vermaak die gehoor met opera, musiekblyspele en Afrikaanse kunsliedere, afgerond met watertandwyne en verversings. Die gaskunstenaars is Paul Ferreira (pianis), Evert van Niekerk (violis), Luke van der Merwe (kitaar), Claudio Alho (trekklavier) en Jolindi Zietsman (danser). Kaartjies kos R400 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar. Die teater is op die hoek van Thomas Edison- en 13e Straat, Menlopark.

~*~


The Jacqueline’s Experience 80’s and 90’s Flashback is on 28 March at Padstal, 265 The Hwy St, Equestria. This trip down memory lane includes unforgettable tunes with DJ Legends Bigg Dogg, Patch and Solly P. Get ready for a dazzling light and laser show at 8:30 pm, with the doors swinging open at 7 pm. No under-30’s allowed, unless with parents – over 23’s only. General entry tickets cost R150 pre sale at quicket.co.za or WhatsApp: 082-446-5362.

 

© 2025 Die/The Bronberger