Vier woorde vir liefde Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 19 March 2026 08:00
Untitled Document

Wat is ‘philia’ liefde? Die antwoord is aan Tierpoort Seniors verduidelik by hulle samekoms in Februarie, die maand van liefde, by Royal Jontica.


Linda Roux

‘Philia’ – gebaseer op wedersydse goeie dade en besorgdheid oor mekaar – is een van die vier antieke Griekse woorde vir liefde. Die ander drie is ‘agape’, ‘storge’ en ‘eros’.

Die Tierpoort Seniors se komitee verrig hulle take uit liefde en omgee vir die senior burgers. Die werking van die komitee is aan die Seniors verduidelik en die 2026 komitee is voorgestel.

Die dag is met romantiese melodieë en Franse cuisine, deur die komitee voorberei, afgesluit.


Marlene Rossouw en Terry Garside

Seniors van Tierpoort, Zwavelpoort, Grootfontein, Rietvlei View en Bashewa is welkom om by die groep aan te sluit. Bel vir Ida Zowitsky: 083-324-9603.

 

 

© 2025 Die/The Bronberger