Klein ruiter met groot talent. Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 26 March 2010 16:46
Untitled Document

Elrike Raubenheimer en ’n ponie genaamd Steel het drie eerste plekke in die vierde been van die Trans Gauteng Amateur Kampioenskap Dresseerruiters toer 2009/2010 behaal. Hulle het twee eerste plekke in dressering en ’n eerste plek in die werkende ponieruiter-afdeling gekry.

Die kampioenskap is in Februarie deur Trojan Horse Management (THEM) by die Willows Internasionale Perdrysentrum in Zwavelpoort gehou.

Die sewejarige Elrike is in Tygerpoort Laerskool en het verlede jaar eers begin perdrylesse neem.


Elrike Raubenheimer en Steel, die ponie waarop sy drie eerste plekke gekry het
Foto: Jaco Raubenheimer

 

 

© 2020 Die/The Bronberger