Boekbekendstelling lok bekendes Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 19 March 2026 08:00
Untitled Document

Riaan Grobler se derde roman, ‘Die avonture van Helga Roets’, is op 9 Februarie by Monte de Dios op Zwavelpoort bekendgestel. Riaan is as omroeper, aanbieder, sanger, akteur en skrywer bekend.

Die karakter Helga Roets is ’n weduwee wat in die Silwerhare Aftreeoord in Pretoria woon. Sy glo aanvanklik dat daar geen ander liefde vir haar sal wees as haar oorlede man nie. Mede-inwoner Stefaans probeer egter reeds vyf jaar lank om Helga se aandag te wen.


Willie Strauss lewer ’n voorlesing uit die boek terwyl skrywer Riaan Grobler toekyk
Foto: Verskaf

“Dalk, net dalk, lê daar selfs in die stil gange van ’n ouetehuis vir menige leser nog ’n troue en ’n nuwe hoofstuk voor,” het Riaan gesê. Sy besoeke aan ouetehuise met sy sangoptredes het hom diep geraak.

Riaan se kollegas en vriende, wat gaste by die boekbekendstelling vermaak het, het onder andere Jennifer Zamudio, Nadine, Ruan Josh, Johan Brümmer en Riaan se duet- sangmaat, Jomarie Beukes, ingesluit.

Willie Strauss, radio- en televisiepersoonlikheid, liedjieskrywer, sanger en kookboekskrywer, wat in een van Cullinan se oorspronklike sinkhuise woon, het voorlesings uit Riaan se boek gedoen.

 

© 2025 Die/The Bronberger