’Bloedborgtog’ skop af Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 19 March 2026 08:00
Untitled Document

Die eerste bloedborgtog het op 21 Februarie by Atterbury Value Mart in Faerie Glen afgeskop. Mense kon vriende, kollegas of sakeleiers nooi om kammakastig in hegtenis geneem te word en in ’n skyn-tronksel geplaas te word. Om die gevangene vry te laat moet borgtog in die vorm van bloedskenkings betaal word.


Steyn Botha en offisier Jaco le Grange
Foto: SANBD

Dié veldtog is ’n gesamentlike poging van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddienste en Round Table Pretoria en skenkings is deur die Atterbury Bloedskenksentrum hanteer. Die veldtog poog om die tekorte wat die nasionale bloeddienste in die gesig staar, op ’n prettige manier aan te spreek.

 

© 2025 Die/The Bronberger