Laat ons lesers praat Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 19 February 2026 08:00
Untitled Document

Ons bly opreg dankbaar oor die buitengewone meelewing wat die Bronnie van sy lesers geniet. Kyk maar net na ons maandelikse briewekolom vir bevestiging daarvan dat Die Bronberger deeglik gelees word.

As deel van ons tydskrif, word advertensies in ons lesers se huise verwelkom. Is dit nie presies waar sake-eienaars wil hê hulle ondernemings opsigtelik moet wees nie? Welkom moet wees nie? Oor baie maande heen sigbaar moet bly nie?

’n Paar grepies uit meer onlangse lesersbriewe wys hoe baie die Bronnie in sy eiesoortige landelike gemeenskap waardeer word:

Jan Broos: Die Bronberger is ’n unieke en puik tydskrif waarin selfs die advertensies goed op die oog val en lekker lees.

Eus de Clerk: Die hoenderhaan met die megafoon op die Bronnie se voorblad, het rede om te kraai! Die Bronnie bederf ons elke keer met interessante artikels, plaaslike nuus, geskiedkundige stories (wat uitstekend nagevors is) en mooi foto’s. Selfs die advertensies is nuttig om te lees. Volgens my mening is daar geen ander tydskrif wat by julle kan kersvashou nie. Julle het rede om te pronk!

Schalk Claasen: Ek het per toeval julle uitgawe van November teëgekom. Ek vind die tydskrif uiters interessant en sou graag volgende uitgawes wou lees.

Ragel Vermeulen: My oog val op hierdie tydskrif op die tafel . . . Ek blaai bladsy vir bladsy deur en vind die tydskrif so interessant met insiggewende artikels en mooi foto’s. Ek kon nie glo nie, en voel jaloers dat die tydskrif vir so ’n mooi plattelandse [gebied] elke maand gratis beskikbaar is. Die Bronberger is definitief ’n aanwins en voorreg vir sy omgewing.

Ronéll en Coenie Henry: Behalwe vir die interessante artikels, advertensies, lesersbriewe en foto’s, beteken dié Bronnie só baie vir ons. ’n Mens word op hoogte gehou van wat aangaan in die omgewing, ontdek ou kennisse en ontmoet nuwe mense. Dankie weereens vir ’n wonderlike kommunikasieblad.

Riana Lombaard: Dankie vir die Bronnie. Wat ’n lekkerte om elke maand topklas keurige leesstof te kry. Doen so voort. Waardeer! 

Willem Struwig: Grafstories opgegrawe, kookbybels wat ons koskultuur help vorm het . . . terugblikke en terugblikke. Groot waardering. Die Bronnie het beslis ’n “treffende draai” oor 23 jaar geloop.

John Boje: Ek dink dat Die Bronberger ’n fantastiese [publikasie] is en dat ‘Toeka se Dae’ van groot waarde as ’n geskiedkundige bron is.

Daar het jy dit nou. Hiermee volstaan ons in groot dankbaarheid om die spreekbuis vir ’n baie spesiale gemeenskap te wees. – Red

 

© 2025 Die/The Bronberger