Het jy gehoor? / Have you heard? – Feb2026 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 19 February 2026 08:00
Untitled Document


Sleep-A-Thon 2026 invites you to spend one night, 28 March, at the Vaalbank-based Wet Nose Animal Rescue Centre, sharing a kennel with an animal which waits day after day for love, comfort and a home. This night isn’t about leaving your comfort zone. It’s about stepping into theirs. Entry is R400 and includes dinner, breakfast and a Sleep-A-Thon shirt. Register at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 068-328-3121. 

~*~


Fijnwyn Bubbles word op 28 en 29 Maart van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Meer as 35 wynplase neem deel en elke wynplaas gaan ten minste een vonkelwyn op die tafel hê. Besoekers kry ’n kans om na hartelus te proe en eetgoed van verskeie koskraampies te geniet. Kaartjies kos R250, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.fijnwyn.co.za.  

~*~


The Country Legends and Craft Distillers Festival is from 10 am to 5 pm on 28 March at Maker’s Village, Oak Avenue, Cullinan. There will be live performances by country icons such as Barbara Ray, Tommy Dell, Clive Bruce and Billie Forrest. Sip and savour the finest from local craft distillers, offering small-batch artisanal gin, whiskey, brandy and craft beer. Meet the makers and stroll through market stalls offering eats, handmade arts and crafts, local produce and preserves. Tickets cost R170 and children under 18 enter for free. Phone Danie Booysen at 082-926-4326. 

~*~


‘Vrou, Vrouer, Vrouste’ word om 2 nm op 28 Februarie by AfriForum-teater aangebied. Petronel Baard en Lidi de Waal bring ’n hartroerende produksie na die verhoog; ’n kunsryke kombinasie van woordkuns, musiek en lewenservaring. Die produksie balanseer humor en emosie en neem die gehoor op ’n reis vol lag, trane, hoop en selfontdekking. Standaardkaartjies kos R200 en pensioentrekkers betaal R160.  Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum, hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark. 

~*~


Rafters has a Treasure Trove market on 7 March from 10 am to 7 pm at the corner of Blesbok Street and Garstfontein Road in the Mooikloof area. Entry is free. There will be pre-loved and new goods, home-baked goodies, relishes and preserves, home-crafted artefacts, antiques, clothing and accessories, garden plants, perfume and jewellery. Phone Bonita at 083-303-5653. 

~*~


Vanjaar se Goliat van Gat Pampoenfees, gereël deur TLU SA se Cullinan Boere-unie, word van
9 vm tot 3 nm op 14 Maart by die Lavender Kontreimark, Apacheweg 106, Onderstepoort gehou. Pieter Koen se spesiale optrede is van 11 vm tot 1 nm. Behalwe om die prys vir die grootste pampoen te wen, is daar is ’n verskeidenheid pryse vir deelnemers, pretkompetisies en ’n pampoengereg-kompetisie. Bel Henri Combrink by 082-552-9428 of Jani by 082-575-0333. 

~*~


‘Annie & Helen’ word van 25 Februarie tot 1 Maart by Fairtree Atterbury-teater opgevoer. Die produksie vertel die storie van Annie Sullivan en Helen Keller se ontmoeting in 1887. Die 25-jarige Annie voel soos ’n gebroke legkaart, verkeerd aanmekaargesit, terwyl die 13-jarige Helen vasgevang is in die donker sonder die vermoë om te sien, hoor of praat. Ná uitverkoopte vertonings by al die groot kunstefeeste, kom dié opvoering vir die eerste keer na die noorde vir slegs ses vertonings. Kaartjies kos R240 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. 

~*~


Fighters Club proudly presents ‘The Battle for Love’ – a night of elite boxing, unity and a stand against violence, hosted at the Silver Lakes Farm Hotel at 9 and 11 Farm Inn Road. The doors open at 3.30 pm and the boxing starts at 5 pm. Africa’s finest fighters go head-to-head in sanctioned title bouts and high-intensity matchups. The event will be broadcast nationally, streamed live and amplified through media, betting activations and brand experiences. Entertainment is by DJ Kyotic. Tickets cost R2 000 and are available at itickets.co.za. 

~*~


Die kunsuitstalling by De Poort Galery duur tot 28 Februarie en deelnemende kunstenaars sluit in: Elize Smit; Linda Fourie; Deidre Brits; Tony De Freitas; Janine Nel; Willem Joubert; Johan Kok; Annette van Oudtshoorn; Francois Breytenbach; Johan du Plessis; Albertha Lamprecht; Zelda Stroud; Louise Repsold; Lize Kampmann; Daniel Brand; Vlasta Kaffka; Youoland Kaffka; Johan van Coller; Willie Strydom; Gerda Letellier; Gitte Theron; Trevor Beach; Cecilia Allen; Annette Wessels; Marion Townsend; en Mia van Wyk. Dié eiesoortige galery, wat uit ou perdestalle omskep is, is in Tauweg 64, Tierpoort. Kontak Elize: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 082-780-7604. 

~*~


Ons Plek Kleinfontein bied op 28 Februarie van 9 vm tot 11 vm die jaar se eerste ouerverrykingswerkswinkel aan. Dit sal elke tweede maand by die kleuterskool gehou word. Deur die jaar word temas soos positiewe ouerskap en verhoudingbou met kinders, kinderontwikkeling en die invloed van skermtyd bespreek. Kostes beloop R50 en jy kan iemand saamneem teen geen ekstra koste nie. Bespreek by Carlene du Toit: 083-273-4685.

 

© 2025 Die/The Bronberger