Spookagtige skattejag Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 19 February 2026 08:00
Untitled Document

Vyf entoesiastiese spanne het op 31 Januarie aan ’n spookagtige skattejag deelgeneem om die raaisels van ‘Sammy se Geheime’ te ontrafel. Die blou span van Pretoria-Noord, bestaande uit Bianca, Nicola, Michelle, Andries en Belinda van der Merwe, het dié been van die kompetisie gewen.

Dié interaktiewe geskiedenis- en skattejag by die Ditsong Sammy Marks Museum op die Ou Bronkhorstspruitpad het spanwerk, die ontsyfering van leidrade en tegnologie gekombineer.


Die vyf spanne voor Sammy Marks se geskiedkundige ou herehuis,
Zwartkoppies Hall, op die plaas Zwartkoppies
Foto: Ditsong Museums van SA

Dit was die eerste van ses sulke kompetisies wat in 2026 by die museum beplan word. Spanwenners dring na ’n finale wedstryd deur wat aan die einde van die jaar by die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum, die ou Transvaal-museum in die middestad, gehou gaan word.

 

© 2025 Die/The Bronberger