Die hemele het oopgemaak Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 22 January 2026 08:00
Untitled Document

Jannie du Toit het vroeg in Desember saam met sy instrumentale ensemble by die NG Premiermyn-gemeente op Cullinan gaan Kersliedere sing. Dit was egter nie net die sang wat besonders was nie. Dit was asof die elemente aan die geleentheid wou meedoen.

Gaste is vooraf met sjerrie en sonsakhappies in die Shack verwelkom, ’n landbouskuur wat in ’n onthaalsaal omskep is. Terwyl die vroue eet- en drinkgoed uitgepak het, het die hemele oopgemaak en dit het begin sous. Emmers en emmers water het neergestort en binne-in die Shack het die dam stadig maar seker gestyg.


Pianis, Chanie Jonker; tjellis, Susan Mouton; en sanger, Jannie du Toit
Foto’s: verskaf

Die hele grasperk tussen die kerk en die Shack was ’n enkeldiep dam water. Ramptoestand. ’n Paar mense het kaalvoet met moppe en besems ingespring om die vloed in die Shack te stuit en die water by die deur uit te vee. Toe die krisis afgeweer is, kon die mense die verversings geniet en gesellig kuier.

Al die formaliteite het so effens natgereën en aanleiding tot ’n hartlike samekoms in die kerkgebou gegee, versterk deur Jannie se gemaklike styl van sing en gesels. Die tjellis, Susan Mouton, en pianis Chanie Jonker, het alles meer spesiaal gemaak. 


Die vloed in die Shack

Jannie se program het wyd gestrek: bekende en minder bekende Kersliedere. Die gemeente kon met ou geliefde gunstelinge saamsing. Feestelike liggies en lampies, blomme en ander versierings het tot ’n spesiale atmosfeer bygedra.

 

© 2025 Die/The Bronberger