Het jy gehoor? / Have you heard? – Jan2026 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 22 January 2026 08:00
Untitled Document


‘Mandala-oggend – ’n kreatiewe gebed’ is die naam van die werkswinkel wat Magdaleen du Toit op Saterdag 31 Januarie van 9 vm tot 1 nm by die NG Kerk Premiermyn, Zonderwaterweg op Cullinan aanbied. Deelnemers gaan nadink oor vrae soos: Waar bevind ek my? Wat laat ek agter as ek 2025 se deur agter my toetrek? Wat neem ek saam op my pad in 2026? Wat wil ek nuut skep? Teen die agtergrond van dié vrae gaan deelnemers ’n mandala in verskeie media skep. Alle materiaal word voorsien en geen kunservaring is nodig nie. Die koste is R150. Bespreek by Magdaleen, 083-226-9732, of Carinda, 082-853-6801. Bankbesonderhede vir betaling word verstrek wanneer jy bespreek.

~*~


Sammy’s Secrets is the name of a haunted history hunt from 5 pm on 31 January at the Ditsong Sammy Marks Museum. Teams of two to five people (at R250 per person) enter into a race against time to unravel riddles, puzzles and hidden clues in different rooms of this museum on the Old Bronkhorstspruit Road (R104). The winning team will play against other winning teams at the grand finale towards the end of 2026 at Ditsong: National Museum of Natural History. Light refreshments and juice will be served. Tickets are available at quicket.co.za. Phone the organizers at 012-492-5744.

~*~


’n Valentynsbal ten bate van die Downsindroom Vereniging van Tshwane word op Saterdag 
14 Februarie om 6 nm by Monte de Dios, plot 106, Achillesweg, Zwavelpoort gehou. Dit is ’n spesiale aand om die liefde te vier en gaste kan uitsien na ’n ete, dans en ’n veiling. Die opbrengs word gebruik om noodsaaklike programme vir individue wat aan Downsindroom ly, te ondersteun. Kaartjies kos R950 en kan by 082-253-8177 of 012-664-8871 bespreek word.

~*~


‘A Chorus of Thorns’ is the name of the fantasy ball of Miravae, held on 31 January at Riverside Castle, Graham Road. Tickets cost R1 050 and include entry, an evening of immersive fantasy entertainment and live performances, ballroom dancing, music and themed activities. There will be fantasy-inspired photo opportunities, a harvest table, candy table and artisanal cupcakes. Dress in your finest fantasy, historical or formal attire and step into the story. Tickets are available at magicon.shopstar.co.za.

~*~


Kinder Fest Pretoria word op Saterdag 7 Februarie van 1 nm tot 3 nm in Boendoelaan 5, Pretoriuspark gehou. Dié is ’n veilige, mini-dansfees wat gratis geskenkpakkies, ’n geanimeerde platejoggie, speletjies en hope pret en plesier insluit. Kaartjies kos R300 en geen kinders oor die ouderdom van 13 jaar word toegelaat nie. Kinders moet deur ouers vergesel word en die ouers gaan gratis in. Kaartjies is by quicket.co.za beskikbaar.

~*~


Die Deutscher Carnevals Verein Pretoria vier hulle veertigste herdenking met ’n karnaval op 
Vrydag 13 en Saterdag 14 Februarie by die Duitse Skool in Simon Vermootenweg, Die Wilgers. Die program skop elke aand om 6.30 nm vir 7 nm af en fokus op Duitse tradisies, musiek, dans en vermaak. Kaartjies by die toegangshek kos R130 vir die Vrydag en R150 vir die Saterdag. Vir meer inligting, WhatsApp Christa: 079-098-1482.

~*~


Nataniël se nuutste vertoning, ‘Catch Me, Love’, word van 12 tot 15 Februarie (drie dagvertonings en twee aandvertonings) by Fairtree Atterbury-teater opgevoer. Mense wat hulleself in die berge isoleer, gesinne wat in die geheim in woude bly, geloofsgroepe wat alternatiewe kulture skep, biljoenêrs wat ruimtevaarders word, diktators wat vryheid vernietig – Nataniël praat oor hoe individue vasberade is om in ’n toenemend onherkenbare en onstabiele wêreld te oorleef. Hy deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme). Kostuums is deur Floris Louw ontwerp. Kaartjies kos R300 tot R340 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.

~*~


The Lumineers is hitting SunBet Arena, Time Square at 8 pm on 7 February with chart-topping hits such as ‘Ho Hey’, ‘Ophelia’ and ‘Spotless’. Expect to hear all your favourites on this night of music and magic, plus a few surprises thrown in just for the live audience. Standard tickets cost from R970 to R2 968 and are available at ticketmaster.co.za. The arena is at 209 Aramist Ave, Waterkloof Glen.

 

© 2025 Die/The Bronberger