|
 Die Voortrekkermonument se hekke open om 5 vm op 16 Desember vir Geloftedag en die samesang is van 7 vm tot 8:55 vm. Die Gelofte word daarna gelees en die erediens in die amfiteater deur ds Dewyk Ungerer is van 9 vm tot 10 vm. Daarna volg die afvuur van ’n kanonskoot en die sing van ‘Die Gelofte’. Vanjaar word dié bekende lied uit die pen van Johan Vorster en Christoph Kotze (beter bekend as Appel) deur die groep Jan Jan Jan gesing. Ná die erediens beweeg die feesgangers na die monument om die sonkol op die senotaaf om 12:00 gade te slaan. Jonk en oud kan gesellig saam op die Markplein kuier. Besoek vtm.org.za/gelofteweek-2025/ vir meer inligting. Verlede jaar se Geloftedag is deur meer as 30 000 mense bygewoon. Vanjaar word meer mense verwag.
~*~
 Kersfeesliggies (die ou Kersliggies Oppi Plaas, wat voorheen by Rhino Park op Rhenosterfontein gehou is) word by die Eastside Community Church and School in Garstfonteinweg, Moreletapark gehou om dit meer toeganklik vir Pretorianers in die aand te maak. Dié feestelike liggies word van 5 Desember tot 2 Januarie van 6 nm tot 10 nm elke aand vertoon. Daar gaan ’n verskeidenheid kraampies en heerlike eetgoed wees. Kaartjies vir volwassenes kos R80, vir kinders onder 18, R60 en kinders onder drie jaar oud gaan gratis in. Vir meer inligting stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of WhatsApp: 081-320-8924.
~*~
 Almal is welkom om die Pretoria Oos Geloftefees op 16 Desember om 9 vm by te woon. Dit is in die vorm van ’n erediens wat deur ds Martin Slabbert gelei word op die terrein van die Ou Motorklub in Keuningstraat, Silverton, agter die Silverwater Crossing inkopiesentrum. Mense moet hulle eie stoele saamneem. Daar word ’n kollekte opgeneem om die uitgawes te dek. Na die tyd is daar verversings. Vir navrae bel vir Oosie Oosthuizen (082-779-8576) of Bessie Keun (082-454-6060).
~*~
 Ewige Lig se Geloftediens is om 9 vm op 16 Desember by Moreleta Kerk, De Villebois Mareuilrylaan 1353, Moreletapark. Pastoor Martin Smit lei die diens en verversings, kos en koffie is te koop. Toegang is gratis en die ouderdomsbeperking in die ouditorium is 12 jaar. Daar is verskeie aktiwiteite en vermaak vir die kinders deur Ewige Lig Kinderkerk en Die Goeie Nuus-fabriek in die groen-, pers-, rooi- en geelsaal. Vir meer inligting besoek itickets.co.za.
~*~
 After five years abroad, acclaimed South African guitarist, singer and songwriter, Nathan Smith, returns home for one exclusive performance named ‘Acoustic Greats’, at 7 pm on 16 January at Fairtree Atterbury Theatre. The show is a heartfelt journey through some of the finest unplugged songs ever written, featuring classics by Eric Clapton, The Beatles, Bruce Springsteen, Simon & Garfunkel and Dire Straits. Tickets cost R230 and are available at seatme.co.za. The theatre is at 4 Daventry Street, Lynnwood Manor.
~*~
 ‘The incredible journey of Tinkerbell van Tonder’ word om 7 nm op 31 Januarie by AfriForum-teater opgevoer. Amanda Strydom as Nella Petersen vertel ’n storie van hoop, avonture en selfontdekking, verweef met musiek wat verwerk is en begelei word deur pianis, Coenraad Rall. Dié feëverhaal vol kinkels is met die Aardklop-prys bekroon asook die Woordtrofee by die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees vir beste musiekproduksie. Standaardkaartjies kos R220 by afriforumteater.co.za en pensioentrekkers betaal R180. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark.
|