|
Zoë kry ’n huis en beste maatjie |
|
|
|
News -
Ons Mense
|
|
Friday, 12 December 2025 08:00 |
Untitled Document
|
Zoë, die klein Pitbull-kruising, het by Wet Nose-diereskuiling beland nadat sy op die Zonkolol-pad tussen Rayton en Cullinan van ’n bakkie afgegooi is.
“Sy het bewend en onseker hier aangekom,” sê ’n woordvoerder vir dié diereskuiling. “Zoë was ’n hondjie wat elke rede in die boek gehad het om op te gee, maar sy het nie.”
 Liezel Bouch en die hondegesin verwelkom Zoë
“Toe sy haar nuwe gesin ontmoet was dit asof haar hele lyf al die spanning net laat gaan het. Al die vrees en onsekerheid het in een lang sug weggeglip.”
 Zoë en Coco is beste maatjies
Die Bouch-gesin vertel dat Zoë maklik by hulle hondekinders ingepas het en dat sy ’n nuwe beste maatjie gekry het. Coco, ’n klein worshond-kruising, het Zoë van dag een af as haar eie opgeëis. Hulle speel saam, eet saam en slaap selfs langs mekaar.
|
|