|
News -
Ons Mense
|
|
Friday, 12 December 2025 08:00 |
Untitled Document
|
‘Alet Erasmus
Die Alfa Romeo Klub van Pretoria het op 23 November by die Zwavelpoort-gebaseerde Paul Jungnickelhuis van Kungwini Welsynsorganisasie besoek afgelê.
Ses Alfas en ’n plaasbakkie (met ’n Alfa-wapen op om deel van die groep te kan voel) het met ’n wavrag produkte na die tehuis gery. Nie-bederfbare produkte het gestrek van anti-perspirant vir mans en vrouens, toiletpapier, lyfseep en tandepasta tot suiker, aanmaakkoeldrank, rys en mieliemeel.
 ’n Paar van die inwoners was by toe die klub die produkte oorhandig het Foto: ‘Alet Erasmus
Die klub het deur die loop van die jaar wit olifant-artikels bymekaargemaak wat later deur die tehuis vir fondse verkoop kan word. Klublede het ook ’n paar dosyn kolwyntjies geskenk wat met koffietyd daardie middag deur die inwoners geniet is.
|
|