|
Wat is nou beter as ’n koppie tee of koffie, heerlike eetgoed en goeie geselskap om ’n pragtig gedekte tafel?
 Christoff Botha, David en Marietha Bodenstein, Jan en Deleen Kornelius, Rita Koster en Doreen en André Fourie
Tierpoort Seniors is vir hulle November-byeenkoms met die heerlikste eet- en drinkgoed by Betshan getrakteer. Al was dit ’n koue en grou somersdag het die samesyn tussen vriende die dag ’n warm atmosfeer gegee.
 Doreen Fourie se verjaardag word gevier
Items wat nie meer vir hulle eienaars van waarde was nie is op ’n tafel gestapel en elkeen kon dit waaraan hy of sy ’n behoefte gehad het, neem. Daar was kombuisware, video’s en CD’s, boeke, klerasie, ornamente en snuisterye.
 Seremoniemeester Yvette Botha
Dié kuierdag sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Betshan Seminarie en Tierpoort Seniors se komitee nie.
 Feestelike teetyd-tafels
Is jy ’n senior en woonagtig in Tierpoort, Bashewa, Grootfontein, Zwavelpoort of Klipkop en wil jy graag by die groep aansluit? Bel Elaine Bothma: 072-969-6948.
|