Vreugdevolle Kerssangdiens gehou Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 12 December 2025 08:00
Untitled Document

Betsie Steyn

Die kerk was volgepak vir NG Rayton-gemeente se jaarlikse Kerssangdiens op 30 November. Die diens was deur dominee Chris Lötter en die teenwoordiges het, met orreliste Janet Viljoen en Santie van Jaarsveld se begeleiding, uit hulle harte gesing.


Gaskunstenaars Steven Sterling en Ryan Walt met sy panfluit
Foto’s: Albert Bester

Laerskool Rayton se skoolkoor, onder leiding van Elinza O’Callagan, met Elsa O’Callagan as pianiste, het ses liedere gesing. Die kerk se sanggroep, Issie Spannenberg, Rita Rorke, en Marie en Sandra Muller met Pieter Rorke se kitaarbegeleiding, het ook hulle bydrae gelewer.


Laerskool Rayton se skoolkoor

Daarna het die gaskunstenaars, Ryan Walt met sy panfluit en sy broer, Steven Sterling, opgetree. Hulle tema was: Redes vir die fees.


Die kerk se sanggroep: Pieter Rorke met kitaarbegeleiding; Issie Spannenberg; Rita Rorke; en Marie en Sandra Muller

Die verrigtinge is afgesluit toe dié twee en die gemeente ‘Stille Nag’ gesing en dominee Chris die slotgebed gedoen het.

 

© 2025 Die/The Bronberger