Sinkhuis–kuiers Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 12 December 2025 08:00
Untitled Document

Die legendariese Afrikaanse sangeresse, Carike Keuzenkamp en Rina Hugo, het op 23 November saam met hulle wederhelftes by Willie Strauss se sinkstoor op Cullinan gaan kuier.

Willie is ’n radio- en televisiepersoonlikheid, akteur, liedjieskrywer, sanger en koskenner wat in een van Cullinan se oorspronklike sinkhuise woon. Sy tweede kookboek, ‘Sinkhuisresepte’ volg op ‘Daar is ’n engel in my koskas’.


Carike Keuzenkamp, Willie Strauss en Rina Hugo
Foto: Verskaf

“Wat ’n heerlike bord kos soos altyd. Ons het ook sommer ons Kersfees vrugtekoek met die sjokolade en vye in gaan optel,” het Rina gesê.

 

© 2025 Die/The Bronberger