|
 Die Nickel Kersmark is van 26 November tot 7 Desember, daagliks van 9 vm tot 5 nm op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg), Zwavelpoort. Die mark bied ’n wye verskeidenheid items – iets vir elkeen se Kerskous. Sit aan om ’n heerlike maaltyd te geniet en luister na musiekkunstenaars wat op Saterdae en Sondae optree. Dié mark samel fondse in om kostes, wat nie deur die regering gesubsidieer word nie, te dek en om produkte, wat deur gestremde inwoners gemaak word, te bemark. Vir meer inligting, besoek www.nickelmarket.co.za.
~*~
 ’n Tradisionele Duitse Kersmark (Christkindlmarkt) word op 29 November van 3.30 nm tot 9.30 nm by die Deutsche Internationale Schule in Simon Vermootenweg, Die Wilgers gehou. Daar gaan ’n verskeidenheid markkraampies wees met Kersversierings, Kerskoekies, verversings, tipies Duitse maaltye en tuisgebakte koeke, pannekoek, wafels en ander soetgoed met koffie en tee. Besoekers kan in die biertuin kuier, waar nie net Duitse bier nie, maar ook Glühwein en wyn geniet kan word. Vir meer inligting besoek christkindlmarkt.co.za.
~*~
 The Jacqueline’s Experience 80’s and 90’s Flash Back is on Saturday 29 November at Presleys Nightclub, 2 Ernies Place, The Willows. This trip down memory lane is for The Jacqueline’s Experience’s 46th anniversary with DJ legends Bigg Dogg, Patch and Solly P. Doors open at 7 pm and there will be a light and laser show at 8:45 pm. No under-30’s are allowed, unless with their parents. Tickets cost R150 pre-sale and general entry is R180 at the door. VIP tables for ten cost R2 500 and include entry, a meaty snack platter plus a bottle of Brandy, Vodka, Gin or Tequila. Tickets are available at quicket.co.za or WhatsApp: 082-446-5362.
~*~
 ‘Staan Sterk in Afrikaans – Kersfees 2025’ word op Sondag 30 November om 2 nm by die AfriForum-teater opgevoer. Onder die lys kunstenaars tel Manie Jackson, Anton Fitchat, Liane Heyl (Boeboe van ‘Vetkoekpaleis’), Ronell Erasmus, Gert van Tonder, Riana Mouton, Babette, Candy Benson, JP Dix en Johan Anker. Deel in die vreugde en vrede van Kersfees en staan trots saam in Afrikaans. Kaartjies kos R150 by afriforumteater.co.za. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Laan, Menlopark.
~*~
 Die deure open om 4 nm op 30 November vir Moreleta Kerk se jaarlikse Kerssangbelewenis. Koskraampies is reeds vanaf middagete oop. Die gaskunstenaars is Riaan en Franna Benadé, bygestaan deur Moreleta se eie span onder leiding van Johan Kelber en Simoné Roets. Kaartjies kos R41 en kinders onder twee jaar gaan gratis in mits hulle op ’n volwassene se skoot sit. Kaartjies is by itickets.co.za beskikbaar of by 086-100-0291 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
 Die Cullinan-Kersmark is op 6 en 7 Desember van 9 vm tot 5 nm by Maker’s Village in die hartjie van geskiedkundige Oaklaan. Daar gaan kuns en handwerkkraampies wees, Kersgeskenke en volop te ete met Kersliedere in die agtergrond. Die mark is ’n plek waar die hele gesin, insluitende honde aan leibande, welkom is. Toegang is gratis. Bel Danie Booysen by 082-926-4326 vir meer inligting.
~*~
 Kersliggies Oppi Plaas, wat voorheen by Rhino Park op Rhenosterfontein gehou is, staan nou as Kersfeesliggies bekend en word by die Eastside Community Church and School in Garstfonteinweg, Moreletapark gehou om dit meer toeganklik vir Pretorianers in die aand te maak. Dié feestelike liggies word van 5 Desember tot 2 Januarie van 6 nm tot 10 nm elke aand vertoon. Daar gaan ’n verskeidenheid kraampies en heerlike eetgoed wees. Kaartjies vir volwassenes kos R80, vir kinders onder 18, R50 en kinders onder drie jaar oud gaan gratis in. Vir meer inligting stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of WhatsApp: 081-320-8924.
~*~
 ‘Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan’ is die naam van ’n toneelstuk met Sandra Prinsloo en David Viviers. Dit word van 4 tot 7 Desember op verskillende tye by Fairtree Atterbury-teater opgevoer. Dié teaterervaring, met die teks deur Henque Heymans en regie deur Toni Morkel, is ’n tong-in-die-kies blik op die lewe, dood en as jy al ooit gewonder het, alles tussenin. Die vervaardigers is Leftfoot Theatre Productions en KKNK. Kaartjies kos R240 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.
~*~
 Doors open at 11 am on 7 December for the Silver Lining Festival at Silver Lakes Farm Hotel in Farm Inn Road. The show starts at 1 pm and the line-up of artists include MiCasa, Lady Zamar, DJ Zinhle, Saxby Twins and Early B. VIP tickets cost R1 000, tickets for adults cost R250 and for teens between 14 and 17 years, R180. Children between seven and 13 years pay R50 entry. Tickets are available at itickets.co.za.
~*~
 Die bekende Jannie du Toit lewer saam met sy instrumentale ensemble ’n pragtige skemerprogram van Kersliedere op Sondagaand 7 Desember by die NG Kerk Premiermyn, Zonderwaterweg 12, in Cullinan. Almal is hartlik welkom. Die geleentheid is gratis en ’n verwelkomingsdrankie en sonsakhappies is ingesluit. Die program bevat geliefde kersliedere soos Koos du Plessis se ‘Somerkersfees’ en ‘Stille nag’ in drie tale, asook liedere soos ‘Pie Jesu’ en Jannie se bekende ‘Gee ons vrede’. Daar is ook ander geestelike liedere en skrifberymings deur Jannie en Christa Steyn. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
 Die Pretoria Oos Geloftefees vind weer vanjaar op 16 Desember plaas om 9 vm. Almal is welkom om dit by te woon. Dit is in die vorm van ’n erediens wat deur ds Martin Slabbert gelei word op die terrein van die Ou Motorklub in Keuningstraat, Silverton, agter die Silverwater Crossing inkopiesentrum. Neem asseblief eie stoele saam. Daar word ’n kollekte opgeneem om die uitgawes te dek. Na die tyd is daar verversings. Vir navrae bel vir Oosie Oosthuizen (082-779-8576) of Bessie Keun (082-454-6060).
~*~
 Dit is planttyd vir volgende jaar se Goliat van Gat Pampoenfees op 14 Maart. Almal is besig om pitte te ontkiem en uit te plant om te kyk of hulle daardie R35 000 prysgeld vir ’n een ton pampoen kan wen. Daar is ’n verskeidenheid pryse vir deelnemers. ’n Ander hoogtepunt is die toevoeging van groentesoorte soos skorsies, murgpampoene, waatlemoene en tamaties. Daar gaan ook ’n pampoengereg-kompetisie wees. Pitte is nog by Henri Combrink (082-552-9428) of by Mariëtte by TLU SA se kantore (012-804-8031) beskikbaar.
|