|
Tygies presteer in tjokkertoneel |
|
|
|
News -
Ons Mense
|
|
Saturday, 15 November 2025 08:00 |
Untitled Document
|
Laerskool Tygerpoort se Tygie-toneelgroep het die ATKV-Tjokkertoneel nasionale finaal top drie met hulle toneelstuk, ‘Romeo en Juliet met tamatiesous’, gehaal.
Ná vier streeksfeeste regoor Suid-Afrika met 1 200 tjokkerdeelnemers en 67 produksies, is die top-ses-tjokkerproduksies na die nasionale finaal in Oktober genooi. ATKV-Tjokkertoneel bring slim, opwindende mini-tonele van 25 minute wat laerskoolkinders die mag van storie, taal en visuele uitbeelding laat ontdek.
 Die Tygie-toneelgroep in aksie Foto: Verskaf
Tygies is met nominasies in verskeie afdelings beloon: beste tegnies (Daniël Gilfillan, Andries Ferreira en Danél Verwey); beste tjokkeraktrise (Minke-Miné Neethling); beste ensemble; beste regisseur (Anel Wood); en beste tjokkerproduksie.
|
|