Gemeenskap knap polisiestasie op Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 15 November 2025 08:00
Untitled Document

Inwoners van Cullinan het op Saterdag 25 Oktober ’n skoonmaakdag by die Cullinan-polisiestasie gehou. Mense gewapen met skoonmaakmiddels, skuurpapier, verf, rollers en kwasse, lere, kompos en plantjies het om 7.30 vm begin opdaag.


Metaalrelings is afgeskuur en daarna geverf


Selfs kinders het saamgekom om te help

Karin Yssel van die Cullinanse Gemeenskappolisiëringsforum sê dat die dag ’n reuse sukses was en dat sy trots is op elke liewe mens wat hand bygesit het. “Julle het ’n wonderlike werk gedoen en die polisiestasie lyk fantasties.”


Ou verf word afgeskuur


Plante is geplant

Raadslid JB Bekker het gesê dat dit is wat gebeur wanneer plaaslike ondernemings, inwoners en lede van die gemeenskappolisiëringsforum hulle moue oprol en saamwerk. “Die polisiestasie weerspieël nou die trots en omgee van die gemeenskap wat dit dien.”


Die relings word geverf


Selfs die bankies het ’n lagie vernis gekry

Foto’s: Verskaf
 

© 2025 Die/The Bronberger