Garsies wen Sêrkompetisie Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 15 November 2025 08:00
Untitled Document

Hoërskool Garsfontein het die nasionale ATKV-Sêrkompetisie met hulle produksie, ‘Die Fratse’, gewen. Sêrgroepe van regoor Suid-Afrika het deelgeneem en die top vier produksies is na die nasionale finaal in Oktober by die Baxter-teater in Kaapstad genooi.

ATKV-Sêr vir hoërskoolleerders is ’n a capella-kompetisie, wat in sy tienerformaat neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling.


Garsies vier hulle oorwinning as nasionale ATKV-Sêrwenners
Foto: Verskaf

Ruan Odendaal was die skoolgroep se musiekregisseur en Da Nielle Jordaan die musiekregisseur. Vanjaar se tema was Reza de Wet se bekende toneelstuk, ‘Mis’. Vir Reza was die fratse in haar stuk ’n versinnebeelding van die mens se onvolmaaktheid.

Da Nielle Jordaan verduidelik dat hulle uitgangspunt was dat elke individu ’n fratsidentiteit iewers in hom het; een wat na aanvaarding en liefde op soek is. Die musiek en dramaspel het daarrondom gesentreer.

 

 

© 2025 Die/The Bronberger