Het jy gehoor? / Have you heard? – Okt2025 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 17 October 2025 08:00
Untitled Document


Elke glimlag, elke handgemaakte produk, elke besoeker wat deur die Nickel Kersmark loop – alles gaan oor Kungwini Welsynsorganisasie se inwoners. Hulle is hoekom dié mark bestaan. Wanneer jy die mark ondersteun, help jy dat mense met fisiese en intellektuele gebreke die nodige versorging, waardigheid en geleenthede kry. Die mark is van 26 November tot 7 Desember, daagliks van 9 vm tot 5 nm op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg), Zwavelpoort. Vir meer inligting, besoek www.nickelmarket.co.za.

~*~


Festive Fijnwyn word op 8 November van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Besoekers kry ’n kans om wyn van meer as 30 wynplase te proe. Daar is wit-, rosé-, en rooiwyn wat saam met eetgoed van verskeie koskraampies geniet kan word. Jy kan ook ’n spesiaal saamgestelde boks vol happies bestel. Daar is veilige parkering en die musiekkunstenaars gaan tot die feestelike atmosfeer bydra. Kaartjies kos R220, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.fijnwyn.co.za. 

~*~


Moreleta Kerk se jaarlikse Crafters Fair Kersmark is van 24 Oktober tot 8 November. Meer as 250 uitstallers vanuit alle uithoeke van die land gaan hulle handgemaakte produkte uitstal. Die mark is van Maandae tot Saterdae van 9 vm tot 6 nm en is toe op Sondae. Toegang is R10 en kinders onder 12 jaar gaan gratis in. Die kerk is in De Villabois Mareuilrylaan 1352, Moreletapark. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Step into a world where art, music, and imagination unite. Serenity Festival 2025 is from 31 October until 2 November at Klitsgras Drumming, just off Garstfontein Road in Tierpoort. There will be hands-on craft workshops for all ages, interactive art zones, live mural creation and style transformations at the fashion corner. Enjoy dishes from local food artisans, including a harvest table experience. Visitors can look forward to wellness sessions to restore your body and mind with yoga, mindful movement and sound experiences, including group drumming circle activities. Weekend camping with dedicated ablution facilities are available. You can buy a day pass for R250, a three-day pass for R550 or a full flow pass, including all weekend activities, for R1 450. Tickets are available at tixsa.co.za.

~*~


Die AP Kerk Grootfontein hou op Saterdag 25 Oktober van 9 vm tot 3 nm basaar en boeresport. Die bergfietsrit van 5 km vind plaas op ’n gemerkte baan en die vinnigste tyd wen ’n jaarlikse lidmaatskap by die Grootfontein-fietspark. Daar gaan baie speletjies wees, boereworsrolle, pannekoek, pap en kaiings, kerrie en rys, ’n teetuin, tuinsnywerheid, lekkernye en vleisverkope. Die gemeente nooi almal hartlik uit om die dag saam met hulle te geniet by gedeelte 1024, Grootfontein-plaas, Garstfonteinweg. Vir meer inligting, bel Estée Bosch: 082-898-7229.

~*~


‘Blues by die Kruispad’ is ’n meesleurende musiek-ervaring met Christiaan Rabie (kitaar en sang), Nelmarie Rabie (sang), Marcel Dednam (klavier en sang), Deryn Dednam (saxofoon en sang), Werner Spies (baskitaar en kontrabas) en Peter Auret (tromme) wat op 4 November om 7 nm by Fairtree Atterbury-teater opgevoer word. Dit is ’n produksie wat die legendariese verhaal van Robert Johnson en sy berugte ontmoeting by die Crossroads opnuut laat lewe kry – met ’n moderne kinkel. Verwag musiek van legendes soos Eric Clapton, Jimi Hendrix, Stevie Ray Vaughan en Albert King. Kaartjies kos R240 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. 

~*~


Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog. Met ‘Reünie’ is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Die toneelstuk word om 4 nm op 25 Oktober by AfriForum-teater opgevoer. Dit gaan oor ’n skoolreünie in dieselfde skoolsaal, maar 45 jaar later. Die reünie word deur die oë van Petrus Boshoff, wat as verteller optree, beleef. Verskeie klasmaats kry ’n beurt om hulle sê agter die mikrofoon te sê. Met ’n koelboks, die hulp van ’n skoolbaadjie, ’n paar trefwoorde en ’n ander stemtoon gee Frank aan 15 verskillende karakters gestalte. Kaartjie kos R200 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar. Die teater is in Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark.

 

© 2025 Die/The Bronberger