Argitek Johan Swart is op
Woensdagaand 20 Januarie in
die maag geskiet met ’n
plaasaanval op sy plot, 186 Mooiplaats.
Die Conserv gemeenskapspatrollies
was binne 15 minute by
die gesin en hulle vinnige optrede
het waarskynlik Johan se lewe
gered.
Sy vrou Marietjie vertel dat die nagmerrie
begin het met aandete toe
Moses, hulle papegaai, se optrede
hul laat besef het dat iets fout is.
Johan is uit na sy kantoor toe om te
gaan ondersoek instel en het die
veiligheidshek en die deur van die
kantoor wawyd oop gekry.
Na ete is Johan terug kantoor toe
om sy werk af te handel. Op pad om
die erf se hek te gaan toemaak, het
hy ’n geritsel in die bos gehoor,
maar niks gewaar nie. Terug in die
huis, het hy die voordeur en die veiligheidshek
gesluit.
Johan, Marietjie en hul twee seuns,
Cornell en Pieter, het later weer ’n
geluid gehoor toe hulle aandgodsdiens
hou. Die gesin was onrustig en
nadat Pieter gaan slaap het, het
Johan gevra of Marietjie die onderste
badkamervenster toegemaak
het en sy het weer gevra of hy die
kombuislig afgeskakel het en die
trap na bo se hek gesluit het.
“Net toe, hoor ek iets ‘val’ in die
kombuis en vra Johan om te gaan
kyk,” sê Marietjie.

Van links
na regs:
Johan,
Marietjie,
Cornell en
Pieter
Swart
Foto?s:
Die Swarts
Op pad ondertoe het Johan teruggedraai
om sy .22 rewolwer te kry.
Cornell, ’n graad 12 CVO skoolleerling,
is agterna, maar het op die
trappies bly staan. Dit was ongeveer
tien voor 11. Toe Johan wou indraai
by die badkamerdeur, staan twee
mans reeds in die badkamer. Hy het
net die vonk van die pistool gesien,
die knal gehoor en die brandpyn in
sy maag gevoel en geskree: “Ek is
geskiet, ek is geskiet.”
’n Ernstig gewonde Johan het besef
dat die boewe dalk kan dink hulle
het hom doodgeskiet en dat dit
maklik sal wees om sy gesin aan te
val. “Om ons te beskerm, het hy terug
gegaan om hulle te verwilder,” sê
Marietjie.
Die boef wat by die deur gestaan
het, het twee skote van die sykant
iewers deur die lyf gekry. Die een
wat by die bad se rant gestaan het,
het drie skote deur die lyf gekry.
Hulle moes toe weer uit waar hulle
ingekom het, by ’n venster van 35 x
35 cm met ’n diagonale yster diefwering
voor wat gedeeltelik weggebuig
is.
“Johan en Cornell het na ons slaapkamer
gekom waar Johan op die
mat kom lê het sodat ons iets
omtrent die wond kon doen. Die
koeël is voor in en agter uit. Ek het
dadelik my suster, dr Anina van
Niekerk (Spangenberg) gebel en sy
het Netcare 911 geskakel. Conservlid
Grant Nordin het ook ’n ambulans
gebel.”
“Ek onthou dat ek sonder ’n roepsein
gegil het oor die radio: ‘Johan is
geskiet, kom help asseblief!’”
“Toe eers het my seuns my laat
besef dat die ongenooides nog in
die huis kan wees. Pieter het
intussen nog wapens uit die kluis
gekry, want al vyf patrone is uitgeskiet.
So gou soos nou het ek die
groen ligte van die gemeenskapspatrollie
gesien, maar o wee, nou
moet ek uit op die balkon om die
hek oop te maak met die afstandbeheerknoppie,
sê Marietjie.
“Ek moet ook uit my kamer af
ondertoe om die voordeur oop te
sluit. Ek het dit toe buite my kamer
gewaag en by die TV kamer se venster
die sleutels na buite gegooi vir
die eerstes wat opgedaag het.”
Twee van die gemeenskap se
mediese spanlede het Johan op die
bed laat lê om hom te stabiliseer tot
die ambulans kom. Hy het verskeie
kere gevra dat hulle gou moet
maak, want hy gaan dit nie maak
nie, hy gaan doodgaan.
Toe die ambulans opdaag, moes
Johan en Marietjie hoor dat nie Wilgers, Pretoria-Oos of Kloof
Hospitaal ’n bed in die intensiewe
sorg beskikbaar gehad het nie;
Johan moes Unitas toe.
Die ambulansman het besef dat dit
te ver was om te ry en het probeer
om ’n helikopter te kry. Weens
ongure weer was dit nie moontlik
nie. Johan is toe eers na Wilgers se
ongevalle-afdeling waar skanderingstoetse
gedoen is om die beserings
te bepaal. Hy is daardie oggend van half vier
tot twintig oor ses geopereer by
Unitas.
 Johan Swart in die hospitaal
Johan moes vir ’n reeks opvolg
operasies gaan. Op 5 Februarie is sy
kolon geheg, maar die wonde is
oopgelaat vir ingeval daar infeksie
kom. Op 9 Februarie kon slegs die
kolostomie se wond geheg word,
aangesien die snywond kieme gekry
het. Johan moes vir ’n vierde keer
terug teater toe om die lang snywond
ook te heg.
Na nog 11 dae, op 15 Februarie, is
hy uiteindelik uit die Zuid-Afrikaanse
Hospitaal ontslaan met dreineringspypies
in die wond. Hy sterk nou
aan by Marietjie se ouers in Kleinfontein.
Dit is ’n hartsbegeerte om ’n ieder
en ’n elk wat op welke wyse ookal
betrokke was, hartlik te bedank. Daar is nie woorde om ons dankbaarheid
te betuig nie, want voor ’n
mens nie self deur so ’n traumatiese
ervaring is nie, sal ’n mens nie weet
wat mense soos julle almal beteken
nie,” sê Marietjie.
Hul seun, Pieter, se woorde was:
“Mamma, as dit nie vir die radio was
nie, sou ons nie so vinnig hulp gekry
het nie.”
Kreet
“Nadat die noodkreet op die radio
deurgekom het, iets wat nou nog
die hare in my nek laat rys, het dit
omtrent 15 minute gevat voor
iemand by hulle huis was,” skryf
patrollielid Ivan Gomm oor die voorval.
“Daardie noodkreet het my ook
geweldig geraak,” skryf patrollielid,
Pierre Hendrick, wat dikwels uithuisig
is en sterk steun op die Conservgemeenskap
se hulp.
“Dankie tog vir die radio,” sê Petro
Anderson, sameroeper van die
Zwavelpoortse Conserv-groep – die
Zulus. “Aan die wat aangesluit het
by Conserv en nog nie ’n radio het
nie, kry een. Dis ’n lewensredder.
Die wat nog nie aangesluit het nie,
doen so en kry ’n radio. Dit werk.”
Conserv se Mikes, Zulus en Tangos
is dit eens: “Dit gee geweldige
gemoedsrus om te weet dat ons as
gemeenskap saamstaan en bereid
is om onder uiters gevaarlike omstandighede
ondersteuning te
gee.”
“Ek kan nie anders as om die naam
van Elaine Grobler, gemeenskapspatrollie
kommunikasiebestuurder, uit
te sonder nie,” sê Marietjie.
“Ek glo nie daar het ’n enkele uur
verbygegaan sonder dat sy met my
in verbinding was nie.”
“Sy het toegesien dat ons huis
skoongemaak word, sy was daar vir
die speurders, polisie, vingerafdrukdeskundiges
en nog die
Donderdagmiddag vir die hondemense
ook.”
“Dit sal wonderlik wees as almal
wat ons bygestaan het, kom
kennis maak wanneer ons weer
terug is by ons eie woning,” sê
Marietjie.
Conserv-lede het op Saterdag
30 Januarie vergader om nuwe
planne van aksie vir hul radiokommunikasie
te bespreek en opleiding
te gee vir radiogebruik.
Vir meer inligting oor die gemeenskapspatrollies,
bel vir Petro by
083-604-0074. |