|
 Die NG Gemeente Rayton se jaarlikse Sosatiefees word op 24 September vanaf 9 vm by die NG Kerk-terrein, Pêrelstraat 31 gehou. Toegang is gratis en feesgangers kan uitsien na sosaties, pannekoek, vetkoek, worsbroodjies, poedings, kraampies, ’n teetuin, speletjies en musiek. Dié jaar is daar ook ’n kompetisie waar almal wat wil deelneem ’n opstel of gedig oor sosaties moet skryf. Die kompetisie dien as fondsinsameling vir die gemeente. Vir meer inligting, bel Mariaan Kirstein: 064-054-5822.
~*~
 Dit is weer tyd vir die jaarlikse Lentefees by Rosemary Hill-landgoed op die Boschkop-grondpad (R964) op Mooiplaats. Die fees word op 24 September gehou en die lentemark is van 10 vm tot 6 nm. Musiekoptredes en die kos- en biertuin is oop van 10 vm tot 9 nm. Verskeie werkswinkels word gehou en daar is volop avonture vir kinders. Kaartjies kos R50 by die hek vir volwassenes en R30 vir kinders onder 18 jaar oud. Vir meer inligting, besoek rosemaryhill.co.za.
~*~
 Asher’s Farm Sanctuary has a Heritage Day market from 9 am to 3 pm on 24 September at plot 37, Tweedragt. Entry is free and there will be various interesting stalls as well as trailer rides and free tours. Support Asher’s Farm Sanctuary while learning about animal welfare, enjoying great food and spending quality time with family and friends. Contact them on 083-784-5554 or
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
for more info.
~*~
 Agrivon Familiefeeste hou hulle heel eerste Potgieter-familiefees van 10 tot 11 Oktober by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die Ou Bronkhorstspruitpad. Alle Potgieters, hulle eggenote en afstammelinge word uitgenooi om saam hulle familie-erfenis te vier, nuwe vriendskappe te bou en heerlik te kuier. Die program bied iets vir almal, insluitend: Stamboomnavorsing en hulp om jou Potgieter-stamboom aan te vul of te begin; vermaak en optredes; inligtingsessies oor familiegeskiedenis en kultuur; en kraampies met kos, handwerk en plaasprodukte. Verskeie verblyfopsies is op die plaas beskikbaar. Kaartjies kos R90 vir volwassenes en kinders 16 jaar en ouer, R40 per kind onder 16 jaar en daar is gratis toegang vir kinders jonger as drie jaar. Skakel 082-874-1884 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Webtuiste: http://agrivon.co.za/potgietersfees.
~*~
 National Cupcake Day, which is Cupcakes of Hope’s (CoH) flagship fundraising event, takes place on 27 September. Participating malls in our area are: Woodlands Boulevard; The Grove; Menlyn Park; and Menlyn Maine. Since its launch in 2012, CoH has supported over 10 000 families. Just last year they fulfilled 2 568 financial support requests, delivered 3 022 activity care bags to over 21 paediatric oncology wards and celebrated 111 patient birthdays. The Cupcake Angels (volunteer bakers) are the foundation that supports everything that is done via CoH. For more information, visit cupcakesofhope.org. Contact Sandy at
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
or 073-208-6757. Contact Lori at
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
or 078-139-4930.
~*~
 ’n Braaifees word op 4 Oktober van 10 vm tot 10 nm en op 5 Oktober van 10 vm tot 5 nm by Fire and Wine, plot 43, Zwavelpoort op die Boschkoppad (R631) gehou. Besoekers kan uitsien na ’n biertent, braai-ekspo, braai-demonstrasies met top sjefs en komediante, beroemde braaiers, ’n drank- en wynroete, selfbraai-stasies met braaipakke te koop, koswaentjies, musikante en ’n interaktiewe speelplek met toesig vir kinders. Parkeerkaartjies is vooraf by quicket.co.za beskikbaar. Vir meer inligting besoek www.ultimatebraaifestival.co.za.
~*~
 Die AP Kerk Grootfontein hou op Saterdag 25 Oktober van 9 vm tot 3 nm basaar en boeresport. Daar gaan ’n fiets-pretry en speletjies wees, boereworsrolle, pannekoek, pap en kaiings, kerrie en rys, ’n teetuin, tuinsnywerheid, lekkernye en vleisverkope. Die gemeente nooi almal hartlik uit om die dag saam met hulle te geniet by gedeelte 1024, Grootfontein-plaas, Garstfonteinweg. Vir meer inligting, bel Estée Bosch: 082-898-7229.
*
 The Bronkhorstspruit Catchment Management Forum (BCMF) invites golfers to a golf day on 17 October in aid of the Bronkhorstspruit Dam. Proceeds will go to combating the hyacinth and pollution in the dam and surrounding rivers. This competition, hosted at the Bronkhorstspruit Golf Club, will be played in the format of a four-ball alliance with two scores to count and a shotgun start at 10 am. The entry fee is R2 400 per four-ball and includes two golf carts for the day. To book your four-ball or if you want to sponsor a hole, contact Linda Stokes at
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
or 082-902-2505.
~*~
 Aktrise Marion Holm voer ‘Marion Monroe’ om 3 nm op 12 Oktober by AfroForum-teater op. Wat maak jou jy, is die vraag wat sy vra. Is dit jou naam? Wat dan van mense wat hulle name verander? Is dit hoe jy lyk? Word jy so gebore of is dit hoe jou ouers jou geleer het? As dit is hoe jou ouers jou geleer het, waarom verskil kinders van dieselfde ouers dan so baie? Bly jy nog jy, al is jy 80? Kaartjies kos R180 met vooraf bespreking by afriforumteater.co.za of R200 by die deur. Geen toegang vir kinders onder 10 jaar nie. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Laan, Menlopark.
~*~
 The Dancing for Rhinos gala event is on 11 October from 5 pm at the Deutsche Internationale Schule Pretoria, Simon Vermooten Road, The Willows. This celebration of art and conservation is inspired by the remarkable story of Thandi, the rhino who survived against all odds. Through moving performances, her legacy is honoured and support is raised for those still fighting for their future. Registration starts at 5 pm and entrée serving at 5.30 pm. The show starts at 6 pm. There will also be a silent auction and merchandise items. Tickets cost R625 and are available at quicket.co.za.
~*~
 Klitsie Kinderteater vertel die verhaal van Klitsie, ’n muis wat by die dieremark beland waar hy ’n belangrike brief verloor. Hy ontmoet vir Krummel en Karnallie en hulle is sommer gou die drie Muisketiers. Sersant Otman verdink Klitsie van diefstal. Hoe gaan hy sy onskuld bewys en sal hy ooit die verlore brief kry? Die vertoning is op 3 Oktober om 6.30 nm, 4 Oktober om 9.30 vm en 4 Oktober om 1 nm by Fairtree Atterbury-teater in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Kaartjies kos R170 en is by seatme.co.za beskikbaar.
~*~
 Fijnwyn Innie Lente word op 27 en 28 September van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Daar is veilige parkering, musiekkunstenaars wat optree, verskeie koskraampies en besoekers kry ’n kans om te proe, te eksperimenteer en die lewe te vier. Kaartjies kos R220, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of besoek www.fijnwyn.co.za.
~*~
 Wat begin het as ’n poging om aan pensioentrekkers ’n veilige plek vir ’n kultuurryke uitstappie te bied, het tot ’n oggend vol betekenis en herinnering gegroei. Elke Dinsdag word die Voortrekkermonument ’n ontmoetingsplek waar senior burgers nie net onthou nie, maar weer ervaar en deel word. Die oggende is doelbewus eenvoudig gestruktureer vanaf aankoms en ’n warm drankie, ’n boeiende erfenisgesprek, ’n pouse vir rustige kuier en dan ’n saamgesels-sessie. Teen R50 per persoon kan gaste elke Dinsdag van 9 vm tot 12:00 ’n oggend van kultuur, koffie en kameraadskap geniet. Bespreek by Irene van der Merwe: 071-330-7699 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
 Wet Nose Animal Rescue Centre’s Paws and Paint colour run is on 27 September. Get ready to run, laugh and get splashed in colour. The entry fee is R200 and includes a free Paws and Paint T-Shirt, a boerie roll and four bags of colour powder to make the day unforgettable. You can walk, jog or run with Wet Nose’s furry friends. Expect amazing photo moments, happy dogs and a day full of good vibes, while helping the centre to care for hundreds of rescue animals. Send an e-mail to
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
or phone them at 068-328-3121 to book your place.
|