|

Die Valleipartei en Kinderkarnaval word op 30 Augustus vanaf 8 vm by NG Valleisig-gemeente op die hoek van Tipperary- en Mayostraat in Faerie Glen gehou. Daar gaan verskeie kraampies wees met pannekoek, kerry en rys, Mexikaanse Tacos, boereworsrolle, sosaties, spookasem en koffie sowel as ’n teetuin en biertuin. Ander kraampies bied hand- en tuisgemaakte produkte en die wit olifant is iets om na uit te sien. Musikante en akrobate gaan optree en die trompoppies gaan ook ’n vertoning lewer. Vir navrae bel Riaan Visser: 082-459-4293.
~*~
 Afrikaans is amptelik 100 jaar oud en daar is ’n klomp talentvolle manne wat in 2025 hulle eie 50 jaar om die son vier. Hulle noem hulself Die Vyftigers en bestaan uit Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal. Hulle tree op 21 en 22 Augustus om 7:30 nm by AfriForum-teater op met melodie, ritme, lag en liriek wat lank ná die laaste noot sal bly hang. Die produksie is deur Neil Sandilands vervaardig en die musikale regie is deur Schalk Joubert. Kaartjies kos R250 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar. Die teater is in die Greenlyn Village Sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Laan, Menlopark.
~*~
 Fijnwyn Innie Lente word op 27 en 28 September van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Daar is veilige parkering, musiekkunstenaars wat op die verhoog optree, verskeie koskraampies en besoekers kry ’n kans om te proe, te eksperimenteer en die lewe te vier. Kaartjies kos R220, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of besoek www.fijnwyn.co.za.
~*~
 NG Tygerpoort se Lig en Ritme Fees is van 20 tot 22 Augustus op die terreine van NG Tygerpoort en Laerskool Tygerpoort in Shere. Op 20 en 21 Augustus vind die voor-Fees produksie, ‘Rooi’, in die kerkgebou plaas saam met ’n ete en kuiergeleentheid in die teaterkafee. Die hooffees open om 1:15 nm op 22 Augustus op die laerskool-sportvelde. Daar is ’n feesmark met smullekker kos en die toegangskaartjie bied volle toegang tot die groot Gladiator-speelpark vir laerskoolkinders. Die middagprogram op die buitelug-verhoog skop om 3 nm af. Jo Black tree om 7 nm op en Die Piesangskille om 8 nm. Vir meer inligting en kaartjies, besoek www.ligenritme.co.za.
~*~
 The Cullinan champagne, chocolate and gin festival is on 30 August from 9 am to 5 pm at Makers Village, 103 Oak Avenue. The best locally produced craft gin and decadent hand-crafted chocolates will be showcased. Various stalls offer arts and crafts, handmade and homemade goods as well as plenty to eat. There will be live entertainment by various artists. An adult tasting ticket costs R150, includes all tastings and live entertainment, and is available at quicket.co.za. Phone Danie Booysen at 082-926-4326 for more information.
~*~
 ‘Magda en haar Erhard, how Louw can you go?’ word op 10 September om 7 nm by Fairtree Atterbury-teater aangebied. Magda en Erhard gesels oor die kuns van die lewe en die verskillende fases van oudword. Die jare word in prentjies opgesom: hoe ons almal met die verfpot in die hand staan . . . vandat ons buite die lyne inkleur, totdat die kwas uiteindelik opdroog en ons nie meer aan prentjies om te teken kan dink nie. Kaartjies kos R250 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.
~*~
 Wet Nose Animal Rescue Centre’s Paws and Paint colour run is on 27 September. Get ready to run, laugh and get splashed in colour. The entry fee is R200 per person and includes a free Paws and Paint T-Shirt, a boerie roll and four bags of colour powder to make the day unforgettable. You can walk, jog or run with Wet Nose’s furry friends. Expect amazing photo moments, happy dogs and a day full of good vibes, while helping the centre to care for hundreds of rescue animals. Send an e-mail to
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
or phone them at 068-328-3121 to book your place.
|