Kuns groei in Cullinan en Rayton |
|
|
News -
Ons Mense
|
Wednesday, 24 February 2010 08:34 |
Untitled Document
Elsabé Maré
Die Cullinan kunsvereniging,
wat verlede jaar sy
ontstaan gesien het, het
onlangs Ronel Legemaat as galerybestuurder
by Petra Lane in Suidstraat,
Rayton aangestel. Hier is ’n
uitstalling van 14 lede van die klub
oor ’n verskeidenheid van temas.
Volgens Edith Schmidt, voorsitter
van die kunsvereniging, vorder verkope
fluks. Wat veral aandag trek is
die skildery van Edith, ‘Cleansing’,
wat Christus se offer van bloed,
water en sweet op ’n doringtak met
druppel uitbeeld as die reiniging van
die mens.
Lesings oor kunswaardering en
kunswaardasies word gereeld
gehou en dis opvallend dat die sigbaarheid
van die 60 lede van die
klub, wat in die omgewing bly, dramaties
in die Cullinan en Rayton
omgewing toeneem.
Vir meer inligting bel Edith by
071-549-5981.

Edith Schmidt berei voor vir die
kunsuitstalling
|
|