|
 KragDag bied van 7 tot 9 Augustus ’n inspirerende, leersame ekspo in ’n karnaval atmosfeer by Diamantvallei-landgoed op Rhenosterfontein langs die R515-pad. Dié ekspo is ’n uitstalkas vir selfstandigheid en volhoubare oplossings met fokuspunte soos energie, tegnologie, landbou, opvoeding, vaardigheidsontwikkeling, sekuriteit, buitelug kragtoerusting, entrepreneurskap en ander doen-dit-self besielings. Dit bied ’n spyskaart van bedrywighede, soos die Kopskuifateljee met gedagteprikkelende gesprekke, ’n mengelmoes van interaktiewe aktiwiteite, lewendige demonstrasies, kuierareas met spys en lafenis, ’n opvoedkunde sub-ekspo en landbou sub-ekspo saam met TLU SA. Verlede jaar was daar 660 uitstallers en 34 000 besoekers. Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting.
~*~
 The Hope Box Initiative fundraiser is from 10 am to 1 pm on 26 July at Casablanca Manor, plot 121, Donkerhoek. Join them for a morning of hope, supporting families who have experienced perinatal or infant loss. A light meal and refreshments will be served. The guest speakers are Nanki Robbertse, Melissa Pretorius, Zelda Language and Genevieve Myburgh. Tickets cost R395 and are available at Quicket.
~*~
 Fijn Kraft Country, met jenewer, bier, brandewyn, rum, whisky en boetiek-alkohol, word op 9 Augustus van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Daar is veilige parkering, musiekkunstenaars wat op die verhoog optree, verskeie koskraampies en besoekers kry ’n kans om te proe, te eksperimenteer en die lewe te vier. Kaartjies kos R220, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
 ‘Eye of the Tiger’ is die naam van ’n fondsinsamelingsdag wat op 27 Julie van 9.30 vm vir 10 vm tot 1 nm by Monte de Dios, plot 106, Achillesweg, Zwavelpoort gehou word. Sluit by dié dag vir vrouens aan saam met die Cancervive-span en Cobus Visser, bekende skrywer, spreker, opleier, fasiliteerder en afrigter. Kleredrag moet ’n dierepatroon toon, al is dit net op ’n serpie. Die koste is R899 per persoon en sluit ’n ete en geskenksakkie in en die kans om pryse, soos ’n Suzuki Gixxer 250, te wen. Vir meer inligting, bel Mariska: 082-785-3155.
~*~
 The perfect blendship: Arias en Aromas’ word op 2 Augustus om 3 nm by AfriForum-teater aangebied. Daar is ’n wynproe-ondervinding, watertand bykosse, interessante stories, kleurryke kostuums, en asemrowende solo’s, duette en trio’s uit klassieke en kontemporêre genres. Bariton Douwe Bijkersma en mezzosopraan Lanie Coetzer kombineer hulle stemme, ondervinding en passie vir musiek, gekomplimenteer deur professionele instrumentaliste en gaskunstenaars. Kaartjies kos R355. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Laan, Menlopark. Skakel 066-420-6181.
~*~
 ‘Moord met ’n T’ met Tobie Cronjé, André Lötter en Ignatius van Heerden word op 27 Julie om 3 nm by Fairtree Atterbury-teater aangebied. Die popmooi winkelassistent, Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas of sy jaloerse vrou, Cruella, is byderhand. Die ondersoekbeampte, speurder-sersant Wihan Beyleveld, stel vas dat Bakkies vergiftig is. Hy volg die spoor na die lykshuis waar hy met die opsigter, Klaas van der Broeken, te doen kry. Is Bakkies regtig dood en as hy nie is nie, wie se lyk is in die lykshuis? Waar pas PJ die private speurder in? Kaartjies kos R250 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.
~*~
 Bettie Bandana Masquerade Ball – a fundraiser for hope in support of cancer patients and their loved ones – is at 6 pm on 25 July at The Glen Venue, 190 Corobay Avenue, Waterglen. It will be an evening of live entertainment and music with a three-course dinner and fun auctions. All proceeds will go towards providing care packages for cancer patients and funding a PinkDrive bus for a day to support early detection initiatives. The dress code is formal attire with a masquerade mask. Tickets cost R550 per person or R5 000 for a table of 10 and are available at Quicket.
|