’n Bronberger wat nog nooit geskroom
het om enige tyd van die
dag of nag sy gemeenskap by te
staan nie, se gesin het nou hulp
nodig. Mike Strange se een-jaar-oue
kleinseun, Lian Marais, is krities siek
en moet ’n hartoorplanting kry.
Lian is Mike se dogter, Lee-Ann, se
seun. Sy en haar man, Ruan Marais,
het dringend hulp nodig vir kostes
wat nie deur hul mediese fonds
gedek word nie.
Lesers het Mike oor die jare leer ken
as die Mooiplaatser wat by bykans
alle gemeenskapsveiligheidsinstansies
betrokke is. In September
verlede jaar het ons berig dat Mike
en die ‘beast’ - ’n bloedrooi vuurvegter
geskenk aan die Mooiplaats Veiligheidsinisiatief
(MVI) deur British
4x4 – hul staal behoorlik getoon het
in die brandseisoen.
 Lian se oupa, Mike Strange
Mike is ’n komiteelid van die Magalies-
Bronberg Grondeienaarsvereniging,
die MVI en die Boschkopse
Gemeenskapspolisiëringforum.
Enige een in die groter Bronberggemeenskap
wat ooit in die moeilikheid
was, het ervaar dat hulle
enige tyd op Mike se knoppie kan
druk. Soos Petro Anderson van die
Zwavelpoortse Veiligheidsinisiatief
sê, Mike is altyd beskikbaar om te
help.
Nou het Mike die gemeenskap se
hulp nodig om sy kleinseun se lewe
te probeer red. Lian Marais is blakend
gesond in die Pretoria-Oos
Hospitaal op 28 Januarie verlede
jaar gebore. Met sy 10 dae-ondersoek
het Lian se pediater hom as ’n
gesonde, gelukkige baba beskryf.
Toe Lian skaars vyf weke oud was, is
hy die oggend van 5 Maart opgeneem
in die hospitaal nadat hy vir
twee dae gebraak het en sy urienuitskeiding
min was. Die pediater
het abnormaliteit opgetel en het
hom dadelik na die intensiewesorgeenheid
oorgeplaas. Lian is daar
met biventrikulêre hartversaking
gediagnoseer en op ’n ventilator
geplaas.
 Lian in die hospitaal
Foto: Lee-Ann & Ruan Marais
Ná vele toetse en oorplasings na
ander hospitale is Lian permanent
op hartversaking-medikasie geplaas,
maar sy toestand het aanhou vererger.
Die dokters het besluit om
Lian te laat evalueer vir ’n hartoorplanting
asook ’n moontlike
mitrale klepherstelling.
Hy en sy ouers was in September
verlede jaar by die Christian Barnard
Gedenkhospitaal in Kaapstad waar
hulle die hartoorplantingspan ontmoet
het. Dié span se toetse het
bevind dat daar nie veel is wat vir
Lian gedoen kan word nie.
Klepherstelling gaan nie moontlik
wees nie en ’n hartoorplanting is die
enigste opsie.
Lian is op ’n waglys vir ’n nuwe hart
geplaas en huis toe gestuur. Hy is
op 29 Januarie in Unitas Hospitaal
opgeneem met longontsteking en
het sy eerste verjaarsdag in die
intensiewesorgeenheid deurgebring.
Lian is ontslaan op 5 Februarie,
maar sy hartversaking lei na ’n
reeks ander probleme soos lewer- en
nierversaking. Sy hartfunksie is
tans 17% en hy moet in ’n sittende
posisie slaap.

Lian Marais het ?n hartoorplanting
nodig
Foto: Lee-Ann & Ruan Marais
Mike sê dat mediese en verwante
kostes meer is as die gesin se inkomste.
Daarom het hulle ’n trustfonds
vir Lian gestig. Bydraes kan
gemaak word aan: Wessel
Ooshuizen Prokureurs Trust, ABSA
bank Centurion, takkode: 630445,
Rekeningnommer: 4044027991, verwysing:
Baba Marias.
Kontak die Wessel Oosthuizen
Prokureurs Trust by tel:
012-654-1438, faks: 012-654-7444 of
e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Lian is die jongste pasiënt in Suid-
Afrika wat wag vir ’n hartoorplanting
en kan tot ’n vyf-jaar-oue hart
ontvang. Sy ma en pa sê dat indien
hierdie lewe nie vir Lian bedoel is
nie, alle oorblywende fondse onder
leiding van Wessel Oosthuizen
Prokureurs gebruik sal word om
orgaanskenking te bevorder en om
ander in ’n soortgelyke situasie te
help. |