“Ons Gat is die Grootste.” Met dié slagspreuk in
plek, maak Cullinan gereed vir ’n baie groot
makietie met die Groot Gat Kunstefees wat op
20, 21 en 22 Maart in dié geskiedkundige dorpie
gehou word.
Dit gaan nie net ’n kunstefees in die ware sin van
die woord wees nie, maar ook ’n pretfees soos
min. Kunsuitstallings, boekuitstallings, ’n antieke
ware-mark, wyn-, whiskey-, en kaasproe, optredes
deur gewilde musiek- en verhoogkunstenaars,
straatoptogte, kosstalletjies, stalletjies met
tuisgemaakte snuisterye, ’n reuse-biertent, en ’n
groot gat skattejag sal aan die orde van die dag
wees.
 Die gewilde groep, Klopjag, is een van
vele by die Groot Gat Kunstefees
Iets om na uit te sien is die kroning van die Groot
Gat Godin. Net sjarmante, pragtige dames wat
gelukkig is met hulle voller figure, mag deelneem.
Een van die verhoogstukke is Liz Meiring se
skreeusnaakse ‘Die dinges is ’n Watsenaam’. Van
die musiekmakers wat by die fees optree is;
Klopjag, Straatligkinders, Snotkop en Tweeling.
Sondag word aan country- en gospelmusiek
afgestaan en legendes uit die wêreld van countrymusiek,
Clive Bruce, Bobby Angel, Lance James
en Billy Forrest, sal saam met die jonger garde,
soos Ronell Erasmus, Alanda Bothma en Chris
Coetzer, optree.
 Liz Meiring sal te sien wees in ?Die
Dinges is ?n Watsenaam?
’n Stoomtrein van Friends of the Rail vertrek
Saterdag uit Pretoria na die Groot Gat fees Jy kan
plek bespreek op hulle tuisblad by
www.friendsoftherail.com. |