|
Hier by die Bronnie wonder ons hoeveel lesers en adverteerders die afgelope maand probeer het om ons landlynnommer te skakel. En wat hulle gedink het as hulle hoor dat die nommer nie werk nie.
Mense is geneig om te dink dat ’n onderneming nie meer bestaan as jy geen antwoord kry op ’n nommer wat oral aangedui word as die een om te skakel nie. En daar is min wat ’n onderneming kan doen om dié nadelige wanpersepsie te verander.
Ons het op die Bronnie se Facebook-blad aangedui dat die Bronnie se mense wel, soos altyd, op hulle pos is. Dit is net die diensverskaffer wat nie in staat is om ’n diens te lewer nie. Hier is hoe om ons te bereik:
Angie: 083-959-1016 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Tania: 072-089-0227 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Hannes: 072-992-5440 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Jeanette: 083-258-2665 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Dit was maklik om ’n flink nuwe internet diensverskaffer te vind en ander diensverskaffers het ’n paar opsies gebied waar ’n ‘draadlose’ diensverskaffer die bestaande landlynnommer ná ’n sekere tydperk na ’n ander soort instrument kan oorskakel. Die ding is net dat die bestaande landlyn-diensverskaffer moet saamwerk om die nommer elders oorgedra te kry.
Die inskakel-opsie om probleme aan te meld is ’n groot grap. Jy hou aan om iets soos nommer 412 in die ry te wees en jou selfoon se battery sal pap loop voor jy ooit ’n lewendige wese se stem aan die ander kant hoor, net om dadelik weer afgesny te word.
Dan is daar die SMS aanmeld-metode, wat lankal nie meer werk nie en al staan jy op jou kop, kry jy geen verwysingsnommer nie. Die webwerf-fout-aanmeld metode gee die volgende boodskap: “This is embarrassing! There was an error retrieving your information. Please try again in a few minutes.”
Inderdaad ’n verleentheid. Een wat nie ’n paar minute geduur het nie, maar nou reeds langer as ’n maand. Die uiteinde was om vlees-en-bloed wesens wat kontrakwerk vir die diensverskaffer verrig op te spoor. Hulle is met groot moeite in die hande gekry en dit is hulle wat die boodskap moes oordra: Die kabels is gesteel en gaan nie – nooit weer nie – vervang word nie. Nee, vesel is nie by jou adres beskikbaar nie. Nee, ons ‘draadlose’ diens werk nie by jou adres nie. So, jy gaan geen verdere diens van ons ontvang nie, maar hier is jou rekening vir die afgelope maand en sterkte vir jou as jy die diens probeer kanselleer.
So, liewe leser en adverteerder, in jou hande hou jy ’n Bronnie wat ondanks vele uitdagings die lig sien. Ons sal nooit weet hoeveel potensiële adverteerders (die Bronnie se lewensaar) ons verloor het nie. Ons weet wel watter slegte indruk geskep is wanneer ’n nommer wat geskakel word, nie meer werk nie.
As jy ons probeer bel het en nie reggekom het nie, hoop ek jy lees hierdie en probeer een van die selfoonnommers. Ná bykans 23 jaar het die Bronnie al vele ander terugslae oorleef en sien kans om nuwe uitdagings op die tegnologiese pad vorentoe in die oë te kyk.
|