Het jy gehoor? / Have you heard? – Jun2025 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 13 June 2025 08:00
Untitled Document


Die Fijnwyn kos- en wynmarkte bied besoekers ’n kans om te proe, te eksperimenteer en die lewe te vier. Rooi Fijnwyn, met 40 wynplase, is volgende aan die beurt en word op 28 en 29 Junie van 
10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Daar is veilige parkering, musiekkunstenaars wat op die verhoog optree en verskeie koskraampies. Kaartjies kos R220, sluit ’n glas en wynproe in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

~*~


Die kleinspan kan uitsien na ‘Felias en Pokkel: Die Tandemuis kry ’n blaaskans’, wat om 10 vm op 16 Junie by Fairtree Atterbury-teater aangebied word. Jakkie Louw neem dié geliefde poppekas  terug na die verhoog – gebaseer op Jaco Jacobs se boekereeks. In die storie ontmoet ons die Tandemuis (met Richard van der Westhuizen se stem) wat dringend ’n blaaskans nodig het. Pokkel en Felias bied aan om sy werk oor te neem nadat Boer Jakkie se dogtertjie ’n tand verloor het. Patat die kat (met Lizz Meiring se stem) is egter op hulle spoor. Kinders kan die oorspronklike liedjies saam met Jakkie sing en ’n boekie of hand-pop ná die vertoning koop. Kaartjies kos R150 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.

 

~*~


There is a sunset run or walk from 4.30 pm to 8 pm on 18 June at Rietvlei Dam with distances of 
2 km, 5 km or 10 km. Registration opens at 4 pm at the Rietvlei Dam lapa (angling area entrance), Nelmapius Drive. Online entry fees are R60 for the 2 km, R100 for the 5 km and R120 for the 
10 km. An additional amount of R30 will be added for on-the-day entries. Children under 13 years and adults over 60 years only pay R50. The fee includes a marked route, water tables, finisher medals, venue entry, parking and vitality points. For more information, send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or phone Glizelle at 083-264-3931.

 

~*~


JP Dix se eenmanvertoning, ‘Strings of Survival’, word om 7 nm op 5 Julie by die AfriForum-teater aangebied. JP bring sy merkwaardige lewensreis na die verhoog in ’n vertoning vol emosie, waarheid en klank. Van verslawing en verlies tot musiek en verlossing – ’n rou, eerlike aand met stories en bekende rock- en country-treffers. Hy vertel ’n verhaal van tweede kanse en hoop met musiek van Dire Straits, Prince, Springsteen en meer. Kaartjies kos R250. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Laan, Menlopark. Skakel 066-420-6181.

 

~*~


‘Healthy Mom Healthy Baby’ is the name of an event that will be held from 10 am to 12.30 pm on Saturday 21 June at 799 Old Farm Road, Faerie Glen. There will be talks by dr Magriet du Plooy, a paediatrician, and Aleshia Kellerman, nutritionist and health coach. The event fee is R200 and includes refreshments. Tickets are available at quicket.co.za.

 

~*~


Die Hedianga Monster draf- of staproete van 2 km, 5 km, 10 km en 15 km word op 22 Junie vanaf 
7 vm by Hedianga Farms, Achillesweg, Olympus gehou. Drawwers en stappers is welkom om hulle honde aan leibande saam te neem. Registrasie open om 6.30 vm en die aanlyn inskrywingsfooi is R60 vir die 2 km, R100 vir die 5 km, R120 vir die 10 km en R140 vir die 15 km roete. Dit kos R30 ekstra om op die dag in te skryf, behalwe vir kinders onder 13 en volwassenes oor 60 jaar, wat slegs R50 betaal. Stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel Glizelle: 083-264-3931.

 

~*~


Die Cullinan-Winterwynfees word op 5 Julie by Maker’s Village in Oaklaan, Cullinan gehou. Rooiwyn wat geproe kan word strek van pinotage, merlot, cabernet sauvignon, shiraz en bordeaux sowel as dessertwyne soos port, sjerrie, muskadel en hanepoot. Vir diegene wat nie wyn drink nie sal daar ’n paar boetiek-brouerye en distilleerders wees. Besoekers kan uitsien na koskraampies en vermaak. Kaartjies is by quicket.co.za beskikbaar. Bel Danie Booysen: 082-926-4326.

 

~*~


KragDag is van 7 tot 9 Augustus by Diamantvallei-landgoed op Rhenosterfontein langs die R515-pad. Dié ekspo is ’n uitstalkas vir selfstandigheid en volhoubare oplossings, met fokuspunte soos energie, tegnologie, landbou, opvoeding, vaardigheidsontwikkeling, sekuriteit, buitelug kragtoerusting, entrepreneurskap en ander doen-dit-self besielings. Dit bied ’n platform vir entrepreneurs, ondernemings, boere en huishoudings om kennis te deel en oplossings te verken vir ’n vryheidsleefstyl. Aanlyn kaartjies vir volwassenes kos R75 en is by tixsa.co.za beskikbaar. Besoek www.kragdag.co.za.

 

© 2025 Die/The Bronberger