Het jy gehoor? / Have you heard? – Mei2025 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 16 May 2025 08:00
Untitled Document


Die 42ste tradisionele Mampoerfees word vanaf 9 vm op 7 Junie by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die ou Bronkhorstspruitpad gehou. Die dag skop om 9 vm af met die brul van enjins wanneer die Pretoria Ou Motorklub met sy jaarlikse 200 km Mampoer-tydren wegspring. Daar gaan ook World of Motorsport spoed en vernuf demonstrasies wees, demonstrasies met perde, ’n kans om op ’n meganiese bul te ry, die skreeusnaakse ‘Boer dra ’n Vrou’ kompetisies, bylgooi, sweepklap, Boeredanse, ’n parade van antieke trekkers en demonstrasies deur die Hoëveld Veteraan Trekkerklub en tradisionele broodbak en kersemaak-demonstrasies. Behalwe vir mampoerproe is daar heerlike kos en meer as 100 kraampies met handgemaakte produkte en kuns. Kaartjies kos R60 vir volwassenes en R40 vir kinders en is by www.mampoerfestival.co.za te koop. Skakel 012-492-5808 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘Life happens, coffee helps’ is the name of a wellness morning from 8 am to 10 am on 7 June at Joyn Coffee Olympus, 946 Olympus Drive. Join them for an empowering wellness chat on emotional resilience with Sadie, followed by a short wellness walk to ground and refresh. Sip on delicious coffee and enjoy wholesome treats while connecting with like-minded souls. Tickets cost R150 and are available at quicket.co.za.

~*~


Klitsgras Drumming hou op 7 Junie ’n vuurfees. Die hekke maak om 4 nm oop vir ’n mark en koskraampies. Tromslaan vir beginners begin om 5 nm, gevolg deur ’n tromsirkel om 6 nm. Die vuurdans-kompetisie begin om 7 nm. Inskrywings kos R100 en deelnemers kan ’n verskeidenheid pryse wen. Toegangskaartjies kos R100 by quicket.co.za of R120 by die hek. Vir meer inligting, stuur ’n WhatsApp: 083-311-0025 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Klitsgras is op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en die Tierpoortpad.

~*~


On 8 June the central chapter of Wing Riders SA, joined by Steel Wings SA, will hit the road for a charity run in aid of Wet Nose Animal Rescue Centre. Everyone who loves animals – and fun – is invited to join them at Kakiebos Pub & Grill (plot 31, Kaalfontein, R515 Road, just outside Rayton). Motorcycle riders depart from Total Energies Jan Ellis Motors at 9.30 am on the way to Kakiebos. Explore a variety of stalls, indulge in delicious food and make lasting memories – all for a great cause. Take dog or cat food and toys and donate new or old blankets. Contact Johan Degenaar: 082-338-5121 or Retha Degenaar: 082-853-5518.

~*~


‘Uit die mond’ is ’n musikale viering van die Afrikaanse taal wat om 7.30 nm op 28 en 29 Mei deur Afrikaans 100 by Fairtree Atterbury-teater aangebied word. Van Afrikaanse musiek se grootste stemme, soos Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Emo Adams, Jannie du Toit, Frazer Barry, Lynelle Kenned en Nicole Holm, begelei deur ’n orkes, neem die gehoor op ’n reis deur die geskiedenis van Afrikaanse musiek in al sy vorme, invloede en skoonheid. Die teks en regie is deur Bianca Flanders  en die musiekregisseur is Melissa van der Spuy. Kaartjies kos R200 tot R265 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.

 
~*~


Rooi Fijnwyn word op 28 en 29 Junie van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Dié kos- en wynmark is ’n perfekte kans om te proe, te eksperimenteer en die lewe te vier. Daar is veilige parkering, musiekkunstenaars wat op die verhoog optree en verskeie koskraampies. Kaartjies kos R220, sluit ’n glas en wynproe in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘Semi-Soet – die musiekblyspel’ word om 7 nm van 7 Mei tot 1 Junie by AfriForum-teater opgevoer. Soos in die gelyknamige lokettreffer, ‘Semi-Soet’, wat in 2012 in rolprentteaters begin draai het, vertolk Anel Alexander weer die vroulike hoofrol as Jaci van Jaarsveld. Sy durf die Vryersvoetpad te midde van skreeusnaakse oomblikke aan saam met Bobby van Jaarsveld, haar manlike hoofrolspeler. Kaartjies kos R350 standaard en R200 vir pensioentrekkers en kinders onder 12 en kan by afriforoum.co.za bespreek word. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Laan, Menlopark. Skakel 066-420-6181.

~*~


Cullinan Events Co hou ’n Whisky en Brandewynfees van 9 vm tot 5 nm op 31 Mei by die Premiermyn Hervormde Kerk op die hoek van Zonderwaterweg en die R515. Daar sal ook likeurs, jenewer en wyn, kos-, kuns- en handwerkkraampies wees. Kaartjies kos R150, is by quicket.co.za beskikbaar en sluit alle proesessies in. Musiekkunstenaars soos Zahn, Fanus Pienaar en Kabous gaan optree. Vir meer inligting, bel Danie Booysen: 082-926-4326.

 

© 2025 Die/The Bronberger