|
 Het jy gehoor dat De Kat TV vroeg in April ’n draai op Cullinan gaan maak? Die vervaardigers het laat weet dat hulle opgewonde is om dié historiese diamantdorp in hulle nuwe TV-reeks te wys. Die program vertel die stories van ons land se mees besonderse dorpe en Cullinan is gewis een van hulle. Die uitsending sal in die TV-reeks van Julie 2025 tot Januarie 2026 te siene wees.
~*~
 Die Pretoria Fees word van 19 tot 21 April, daagliks van 9 vm tot laaste rondtes teen 9.30 nm by Legends Avontuurplaas, Rhenosterfontein op die R515 gehou. Op die Alte Lekka Musiekverhoog tree van die room van Suid-Afrikaanse musiekkunstenaars op. Daar gaan ’n lugskou en ander lugvaartaktiwiteite, soos helikopterritte en selfs ’n SAPFA spoed-tydren wees. Besoekers kan uitsien na ’n verskeidenheid kraampies met handgemaakte items en heerlike kos. Demonstrasies en aktiwiteite strek van braai- en rookdemonstrasies, giftige slang-demonstrasies, ’n perdeskou, rodeo, ponie-ritte, kameelritte en skyfskiet tot bylgooi, ren-simulator en allerhande speletjies. Vroeë kaartjies vir volwassenes kos R240 en vir kinders onder 12, R190 en is by iTickets beskikbaar. Kinders onder drie jaar oud gaan gratis in. Toegangskaartjies sluit onbeperkte ritte op 10 pretparkmasjiene in.
~*~
 Die Erfenisstigting se Navorsingstrust nooi navorsers uit om vir finansiering vir gevorderde studie aansoek te doen. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Maart. Finansiering vir gevorderde studie oor Afrikaner- en Afrikaansverwante onderwerpe is tans beskikbaar. Navorsing moet aan streng akademiese vereistes voldoen en die resultate moet in Afrikaans gepubliseer word. Om aansoek te doen, kontak Lizette Jansen by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
 Die Cullinan Country Musiekfees is op 5 April van 9 vm tot 5 nm by die Hervormde Kerk se gronde oorkant Africa Tanks op die R515-pad. Kunstenaars sluit in Chris Else, Gerhard Supra, AJ DeVos, JJ West en Cullinan se eie Kabous. Daar gaan kraampies met kuns en handwerk wees, koskraampies en ook boetiek-brouers en -distilleerders. Kaartjies is by Quicket beskikbaar of by die hek teen R150. Kinders onder 18 gaan gratis in. Kaartjies sluit toegang, ’n proe-glas, onbeperkte proe en optredes deur die kunstenaars in. Vir navrae kontak Danie Booysen van Cullinan Events Co: 082-926-4326 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
 ’n Kaktus en vetplant-basaar word op 5 en 6 April vanaf 8 vm by Karoo Kwekery op die hoek van Albethstraat en Lynnwoodweg, Die Wilgers gehou. Vir meer inligting, skakel 066-517-2269 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~

The Pretoria Old Motor Club has a motor show of vintage and veteran cars and bikes as well as slot car racing from 10 am to 2 pm on 13 April. Food and drinks will be available and there is a picnic area and braai facilities. Admission is R30 and children go in for free. Proceedings of the day will be donated to Sonitus School for hearing impaired children. The club house is on the corner of Keuning and Fred Davey Streets, Silverton. Contact Sakkie Fischer: 082-551-5305 or
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
; Claude Stander: 082-570-2498 or
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
and Emil Kushke: 082-655-4879 or
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
 ‘Stinkhout’ met Frank Opperman en Wilhelm van der Walt word om 4 nm op Sondag 13 April by Fairtree Atterbury-teater opgevoer. Louw keer vanuit Londen na sy gesin se kleinhoewe terug ná die skielike dood van sy jonger broer, Schalkie. Hulle pa, Gert, woon nou alleen op die kleinhoewe. Louw was jare laas by die huis en is verbaas om te sien hoe vervalle dit is. Dié is ’n storie oor ’n pa en seun wat rekenskap moet gee van hulle verlede, maar sukkel om mekaar te vind. ‘Stinkhout’ het by Momentum Beleggings Aardklop 2024 toekennings ontvang vir beste toneelproduksie, beste teks en beste akteur (Opperman), asook die Hartsvriende-toekenning vir die beste algehele produksie by die fees. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Kaartjies kos R220 en is by seatme.co.za beskikbaar.
~*~
 Chris Chameleon vier in 2025 die 20ste herdenking van sy album, ‘Ek herhaal jou’. Hierdie ikoniese album het Ingrid Jonker se poësie met aangrypende toonsettings en melodieë vereer. Die album is wyd in Suid-Afrika, sowel as Nederland en België erken, met erkenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Federasie vir Afrikaanse Kultuur, verskeie nasionale en streekstoekennings. In sy eerbetoon aan Ingrid Jonker en haar tydlose werk, het Chris besluit om dié spesiale herdenking met die konsertreeks ‘Ek Herhaal Jou Weer’ te vier. Hy voer ‘Ek herhaal jou weer’ om 1 nm op 27 April by Railways Cafe onder in Oaklaan, Cullinan op. Die program sluit ook “die toonsettings wat nie die album gehaal het nie” in – ’n verrassingsfees van toonsettings wat nog nooit vantevore gehoor is nie. Kaartjies is by Quicket beskikbaar.
~*~
 ‘Die Singkamer: Bring en Sing’ word om 7 nm op 12 April by AfriForum-teater aangebied. Die gasvrou is sanger en liedjieskrywer, Jaid River (Jeanlie Minnie) en die gaskunstenaar is Leon Gropp. Gaan geniet ’n aand vol stories, musiek en grappies. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark. Kaartjies kos R200 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar.
|