Het jy gehoor? / Have you heard? – Feb2025 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 21 February 2025 08:00
Untitled Document


Wet Nose Animal Rescue Centre is organising a Sleep-A-Thon from 1 March
10 am to 2 March 10 am. This is a 24-hour challenge where you’ll experience the life of a kennel dog. You will be sleeping right next to your favourite Wet Nose furry friend. This is your chance to make a difference for animals in need while helping with fundraising. Wet Nose is on plot 75, Vaalbank on the old Bronkhorstspruit Road (R104). Entry is R400 and includes dinner, breakfast and a Sleep-A-Thon pajama shirt. To book your spot, send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or call: 068-328-3121.

~*~


Die Cullinan Boere-unie, in samewerking met TLU SA, hou die jaarlikse Goliat van Gat Pampoenfees van 9 vm tot 3 nm op 15 Maart by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton. Daar is ’n reuse-pampoenkompetisie met kategorieë soos die 10 grootste pampoene, ook die mooiste en die lelikste, ’n kategorie vir pampoengroeiers onder 16 jaar oud, sowel as inskrywings vir ander groentes soos reusekomkommers en tamaties. Vanjaar is daar ook ’n pampoengeregkompetisie. Allerlei kraampies verkoop eet- en drinkgoed. Bel Henri Combrink by 082-552-9428 of stuur ’n e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Fijnwyn Bubbles word op 21 en 22 Maart by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Dié kos- en wynmark is ’n perfekte kans om te proe, te eksperimenteer en die lewe te vier. Daar is veilige parkering, musiekkunstenaars wat op die verhoog optree en verskeie koskraampies. Kaartjies kos R220, sluit ’n glas en wynproe in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Munga Grit 24-uur fietsrit word op 15 en 16 Maart gehou met Laerskool Witpoort as wegspring- en eindpunt. Daar is verskeie resies-kategorieë in dié gesinsvriendelike fees van uithouvermoë. Die sirkelroete is omtrent 52 km lank en loop oor stil grondpaaie. Die wegspringtyd is 12 nm die Saterdag en die afsnytyd is 12 nm die Sondag. Fietsryers kan soveel sirkelroetes binne dié tyd doen as wat hulle wil. Kaartjies kos vanaf R200 vir die jeugroete tot R5 800 vir ’n span van vier deelnemers (10 sirkelroetes). Registreer by mungasspretoriaeast25.myactive.co.za.

~*~


Steve Hofmeyr se Ikoon-konsert word op Saterdag 1 Maart vanaf 7 nm (deure open om 5 nm) en op Sondag 2 Maart om 2 nm (deure open 12 uur) by die Moreleta Kerk Ouditorium, De Villebois Mareuil-rylaan 1353, Moreletapark gehou. Die room van Suid-Afrika se kunstenaars kom byeen om Steve se 60ste lewensjaar te vier in ’n produksie waarin hulle sy groot treffers gaan sing. Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jay du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Demi-Lee Moore, Armand Hofmeyr, Nadine en Bok van Blerk vorm deel van die produksie. Kaartjies kos van R250 tot R895 en is by itickets.co.za beskikbaar.

~*~


The Schweppes Pretoria Gin Festival is from 12 o’clock to 10 pm on 8 March at the Fire & Wine venue on plot 43, Boschkop Road (R631), Zwavelpoort. Tickets are available at howler.co.za. The general access ticket of R290 includes entry as well as a complimentary gin cocktail. The sip and paint ticket cost R550 and includes entry plus an hour sip and paint class where each participant will receive an A4 canvas to paint under the guidance of the art tutor. There will be an assortment of food trucks and some of SA’s top DJ’s on the decks. No under 18’s. You can take your own camp chairs and picnic blankets.

~*~


Die Deutscher Carnevals Verein Pretoria reël ’n Duitse aand (Büttenabend) op 28 Februarie en ’n internasionale aand (Internationaler Abend) op 1 Maart om 6.30 nm vir 7 nm by die Duitse Skool, Pretoria in Simon Vermootenweg, Die Wilgers. Besoekers kan uitsien na lekker kos, musiek en dans. Vir meer inligting, besoek facebook.com/DCVPretoria. Kaartjies kos R120 en is by howler.co.za beskikbaar.

~*~


Daar is ’n natuurstaptog vanaf 7 vm vir 7.30 vm op Saterdag 1 Maart by Ubali-granaatplaas, Cobraweg H10, Bynespoort buite Cullinan. Dié staptogte is begin om vrouens ouer as 40 jaar aktief te kry en om mense met soortgelyke belangstellings te ontmoet. Die doel is om die natuurskoon te geniet, jou welstand te verbeter en betekenisvolle vriendskappe te smee. Vir meer inligting oor die plaas, besoek ubali.co.za. Vir meer inligting oor die Femina Wellness-klub, besoek free-spiritliving.com.

 

© 2025 Die/The Bronberger