Polisie wil saam met gemeenskap werk PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 21 January 2010 09:52
Untitled Document

Elsabé Maré

Die Cullinan-gemeenskap se polisiëring en oriënteringprogram het op ’n goeie noot begin.

So sê Johannes Jafhta, woordvoerder van die SAPD Cullinan. Hy sê dat planne in plek is vir die implementering van sigbare patrollering om veiligheid in die gebied op te skerp.

Die polisie wil graag die ondernemings in die gemeenskap betrek by die bestryding van misdaad en werk nou saam met plaaslike sekuriteitsmaatskappye. “Saam maak ons ’n verskil,” sê hy.

Nasionale Polisiedag is op 27 Januarie en die gemeenskap word genooi om die nagedagtenis aan die lede van die mag wat die afgelope jaar gesterf het saam met die polisie te herdenk en diegene wat ’n beduidende bydrae gemaak het om misdaad uit te wis, te vereer.

Bel Johannes Jafhta vir inligting oor misdade by 079-695-1388 of 012-734-0751.


Johannes Jafhta, sersant Morn Kemp, reservis-sersant Klaas Maidi, studente-konstabels Tshepo Masetloa en Jol Mazibuko

 

 

 

© 2019 Die/The Bronberger