Leserslens Januarie 2025 Print E-mail
News - Rubrieke
Sunday, 26 January 2025 08:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Johan Nel het die kamera gereed gehad toe die weerlig oor Bashewa blits


Daleen Small was net betyds om dié sonsondergang te verewig


Naomi Niewoudt het dié sonsondergang bewonder


Sonsondergang op Kleinfontein
Foto: Huibrecht Horn


Jaco Niemandt het dié reënboog oor Rayton bewonder


’n Donker donderwolk met blitse
Foto: Venessa Lourens Nienaber


’n Windpomp-toneel op Tweedracht
Foto: Daleen Small


Wanneer die laaste sonstrale deur ’n reënboog beur om ’n palmboom te tref
Foto: Pieter Bredenkamp


Albert Bester het dié bytjie op ’n kosmosblom gewaar


Marinda Smal het dié besondere wolke op Rayton sien aankom


Wanneer die son sy kop neerlê en die nag die dag op Tierpoort bekruip
Foto: Hein De Wet


Johan Pretorius sê dat dié nuweling nog besig is om aan die lewe in die Stillbosch-natuurreservaat gewoond te raak


“Op heterdaad betrap,” sê `Alet Erasmus oor dié foto van haar


’n Reënboog oor die kompleks waar Andri Yunnie op Cullinan woon


Eus de Clerk sê dat dié outjie steeds vol Krismis-kolle is


Albert Bester was daar toe die son opkom

 

© 2025 Die/The Bronberger