|
Baie welkom in die Bronnie se eerste uitgawe van 2025. Ons wens is dat dit vir almal ’n lekkerleesaanloop na ’n voorspoedige nuwe jaar vol vreugde en vrede sal wees. Dit is ook die jaar waarin die Bronnie bevoorreg genoeg is om 23 jaar oud te word.
Oor die jare heen het baie gewaardeerde adverteerders tot die besef gekom dat hulle produkte en dienste behoorlik raakgesien en benut word as dit in die Bronnie geadverteer word.
Dit is ook al telkens bewys dat die meelewing van die Bronnie se duisende, getroue lesersvriende ’n positiewe oorspoeluitwerking het vir diegene wat by ons adverteer. Mense wil ondernemings ondersteun wat hulle advertensies in Die Bronberger plaas.
Ons bly opreg dankbaar oor die buitengewone meelewing wat die Bronnie van sy lesers geniet. Kyk maar net na ons maandelikse briewekolom vir bevestiging daarvan dat Die Bronberger goed, deeglik en gereeld gelees word. En juis hierin lê óns voorspoed opgesluit.
Ter stawing plaas ons hier onder enkele uittreksels uit onlangse briewe:
Elri Liebenberg van Pretoria: Ek het baie onlangs vir die eerste keer met Die Bronberger kennisgemaak en dit werklik geniet. Die advertensies is interessant en die verskillende rubrieke werklik uitstekend.
Susan Roos van Rayton: Ek geniet die artikels baie en waardeer al die navorsing wat julle doen oor geskiedenis in ons omgewing. Dit is baie interessante leesstof. Die uitleg is puik, julle mag maar.
Ria Dreyer van Pretoria: Ons geniet Die Bronberger so baie. Al die inligting, geskiedenis, brokkies nuus en artikels is baie interessant. Ons lees dit van voor tot agter.
Louise Smit van die Moot: Ek sien uit na die nuwe maand se Bronnie. Baie sterkte aan die redaksie wat deur moeilike tye steeds sorg dat ons Bronnie elke maand getrou op sy tyd is. Groot waardering daarvoor.
Gerhard Van Zyl van Moreletapark: ’n Mens lees die Bronnie van voor tot agter by die “girlfriend” (the final word) met groot lekkerte, voorwaar vol wetenswaardighede, alles in keurige taal, gehalte pennevrug!
Maryke Combrink van Mooikloof: Laat my net my waardering uitspreek vir julle tydskrif en die moeite wat julle daarmee doen. Ek het dit eers onlangs onder oë gekry nadat ek Mooikloof toe verhuis het.
Riaan Jacobs van die Bronkhorstspruit-distrik: Baie dankie vir die puik redaksie en inhoud. Ek lees Die Bronberger van voor tot agter elke maand.
Frikkie de Jager van Benoni: Die Junie Bronberger-uitgawe is my eerste ervaring. Ek was so beïndruk met julle verskeidenheid artikels asook puik adverteerders, dat ek julle graag komplimenteer.
Die gevolgtrekking? Die Bronnie kan en wil graag help om jou onderneming in 2025 voorspoediger te maak.
|