PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 21 January 2010 09:50
Untitled Document

As jy net weet waarvoor om te kyk, kan jy misdadigers se tekens lees en presies weet wanneer ’n aanval op jou plot beplan word.

Zwavelpoorters het einde November verlede jaar geleer hoe om die tekens wat kriminele vir mekaar laat, te interpreteer. Lukas Swart van Swartberg Intelligence Support Services (ISS) het Zwavelpoorters toegespreek oor die rol wat misdaad- intelligensie kan speel in die stryd teen kriminele in ons gebied.

Lukas is ’n bekende in misdaadbekamping en het verduidelik dat misdadigers meesal georganiseerd te werk gaan en hulle misdrywe goed beplan. In die proses moet hulle egter noodgedwonge op subtiele wyses hulleself aankondig.

Dis juis hier waar Lukas se kundigheid goed te pas kom. Hy samel inligting in, ontleed dit en lewer dan verslag aan die gemeenskap oor moontlike misdaadbedreigings wat beplan word vir die gebied of ’n spesifieke plot, asook datums en tye van moontlike misdrywe.

Lukas het op 9 Desember die eerste inspeksies in Zwavelpoort gedoen en het heelwat bedreigings geïdentifiseer.

Sy kennis was veral handig waar dit by die versteekplekke van gesteelde goedere of dwelms gaan. Die foto wys so ’n wegsteekplek.


Wonder jy hoekom hierdie ’n verdagte perseel is? Zwavelpoorters het met ’n onlangse vergadering uitgevind hoekom.

Vir meer inligting oor misdaadtekens, bel Douw Breytenbach by 082-555-2768 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger