Ander inkomplek gesoek? PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 21 January 2010 09:48
Untitled Document

Het die lang toue by Mooikloof se noordelike hek dié motoris na ’n ander inkomplek laat soek?

Dis toe nie onmoontlik om dwarsdeur Mooikloof se muur te ry nie.

Dié ligte voertuig het op 13 Desember bykans ongedeerd daarvan afgekom. Die bestuurder het helder oordag met Saintsstraat in Zwavelpoort opgery.

In plaas daarvan om links of regs te draai by die T-aansluiting met Atterburyweg-verlenging, het hy bloot reguit aangehou en ’n netjiese kar-grootte gat in die muur gemaak.

 

© 2019 Die/The Bronberger