Het jy gehoor? / Have you heard? – Des2024 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 12 December 2024 16:00
Untitled Document

Geloftedag is elke jaar die grootste dag op die Voortrekkermonument se kultuurkalender. Die hekke maak reeds om 6 vm op 16 Desember oop en samesang is van 7 vm tot 8.30 vm. Van 8.45 kom mense in die amfiteater bymekaar vir die lees van die Gelofte. Die Geloftediens is om 9 vm, gelei deur ds Stephan Botha. Kanon Susanna sluit die diens af met ’n groot gebrul. Daarna word die Geloftelied gesing. Die son skyn om 12 uur deur die koepeldak van die monument om die woorde “Ons vir jou, Suid-Afrika” op die senotaaf te verlig. Vir meer inligting, besoek vtm.org.za of skakel 012-326-6770.

 ~*~


‘Vir dié wat bly’ is die naam van Nataniël se Kerskonsert wat om 4 nm op 22 Desember by NG Gemeente Tygerpoort, Henrylaan 51, Shere opgevoer word. Die konsert bestaan uit gewilde en splinternuwe stories, oorspronklike komposisies, nuwe verwerkings van tradisionele Kersmusiek, immergroen Kersliedere en gewyde liedere. Nataniël deel die verhoog met pianis Charl du Plessis en orrelis Ockie Vermeulen. Daar gaan ’n Kaalkop-winkel in die voorportaal wees waar mense hulle laaste Kersinkopies kan doen. Konsertgangers word gevra om blikkieskos na die konsert saam te neem. Met Nataniël se Blikkiesfees help hy jaarliks vir PEN om behoeftiges in die feestyd te voed. Kaartjies kos R300. Geen kinders onder 12 kan die konsert kyk nie. Bespreek jou kaartjie by seatme.co.za of gaan na nataniel.co.za.

~*~


Die Lynnwood Kersmark is van 20 tot 22 Desember, daagliks van 9 vm tot 5 nm by The Grove op die hoek van Simon Vermootenrylaan en Lynnwoodweg. Meer as 50 uitstallers bied Kersgeskenke, Kersversiersels, speelgoed, klere, juwele, leer-bykomstighede, handgemaakte outydse fietse vir versamelaars en verskeie antieke produkte. Daar is ’n paar F1 nabootsers naby die ysskaatsbaan sodat jy jou lyf renjaer kan gaan hou. Vir navrae skakel: 063-237-0373.

~*~


Willie Strauss hou ’n Kersfeestafel om te onthou op Oukersaand. Die ete begin om 6 nm op
24 Desember by die Sinkhuis, Rossstraat 32, Cullinan. Die koste is R450 en eie drinkgoed word verwelkom. Die voorgereg is waatlemoensop. Die hoofgereg is skaapboud, ‘gammon’ in pynappel gaargemaak, beestong met ’n sjerrie mosterdsous, oondgebakte groente, rys en slaai. Die nagereg is meringue, sjokolade vrugtekoek truffels en roomys. Bespreek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of stuur ’n WhatsApp: 082-775-8110.

 ~*~


‘New Year’s Eve at the Oscars’ is the name of the party that starts at 6 am on 31 December at Casa Social Da Madeira, plot 34, Boschkop Road, Zwavelpoort. Step into the limelight for a glamorous evening filled with red-carpet moments, dazzling decor and Hollywood-inspired fun. Indulge in a buffet at R400 per adult and R200 per child (ages three to 12) with free entry for children under two. Dance the night away with music by Sounds Gr8 DJ Paul. Tickets are available at quicket.co.za. For more information, phone Michael de Freitas at 072-882-7751.

 

© 2025 Die/The Bronberger