|
News -
Kommentaar
|
|
Thursday, 12 December 2024 16:00 |
Untitled Document
Ons span ’n bietjie uit Soos reeds die afgelope 22 jaar gebruik geword het, beplan Die Bronberger se mense om weer vanjaar oor die Kersvakansie ’n bietjie uit te span en asem te skep.
Ons kantore sluit op Vrydag 13 Desember en maak weer amptelik op Maandag 6 Januarie 2025 oop. Ons sperdatum vir die eerste uitgawe van die nuwe jaar (vir advertensies en bydraes) sal op Woensdag 15 Januarie wees en ons beoog om op Woensdag 22 Januarie met verspreiding te begin.
Die skole begin ook op 15 Januarie en teen die tyd dat die jaar se eerste Bronnie ons lesers bereik, behoort almal weer geesdriftig die skouer aan die wiel te hê. |
|