Dinge om te doen in 2008 Print E-mail
News - Artikels
Wednesday, 20 February 2008 02:00

Al ooit oor ?n naweek gesit en wonder wat om te doen? Hier wys ons jou presies waarheen jy in ons omgewing kan gaan om iets ongewoons te doen, iets nuuts te leer, te proe, te plant of te hoor. Ons wys jou alles - van ?n ?rock? fees tot museums, van perdry tot ?paintball?, van kunsklasse tot vlieglesse, pretplase, pieknieks en selfs donkiekarritte.

Leer iets nuuts
Hulle s ?n mens is nooit te oud om te leer nie. Wel, in die Bronberggebied kan jy ?n wye verskeidenheid nuwe dinge leer. Of jy nou jou adrenalien wil laat pomp of jou kreatiwiteit wil her-ontdek - hier is hoe.

Leer vlieg
As dit nog altyd jou ambisie was om te leer vlieg, kan jy bly wees jy woon in ons omgewing. Daar is ?n vliegskool by Kitty Hawk lughawe op die Boschkop teerpad, waar instrukteurs ?n mens leer vlieg met moderne Jabiru- en Tecnam-vliegtuie. Om ?n inleidingsvlug van R300 te rel, skakel 012-811-2233.
Leer perdry
Bronberg-wreld is perde-wreld. Op bykans elke plotpad kry jy ?n afdraaibordjie na stalle toe. Di wat bang is om sommer net by so ?n plek in te loop as hulle nog nooit op ?n perd se rug gesit het nie, kan gerus by een van die menige perdryskole wat beginners, beide jonk en oud aanvaar, aanklop. Probeer Pacific Blaze Riding School by 012-811-0069 of 079-344-1490.
Ontdek jou kreatiwiteit
The Naked Canvas is ?n plek waar jy jou kreatiwiteit kan herontdek. Jy en jou hele gesin kan kunsklasse bywoon in enige medium van skilder tot die maak van juwele, pottebakkery, mosaek, illustrasie ? die lys is te lank om hier op te noem. Jy kan ook kosklasse vir fynproewers bywoon of jou verlekker in ?n reeks skoonheids- en ontspanningsbehandelings in die Naked Canvas spa. The Naked Canvas is op plot 241, Bashewa, langs Hedera Kwekery. Dit is ongeveer 13 km van Woodlands Boulevard, uit met Garstfonteinweg-verlenging. Vir meer inligting, kontak Elke van den Berg by 012-811-0332 of 083-206-4321 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Leer gholf en tennis speel
Heinrich Pistorius is ?n afrigter wat tennis- en gholfprogramme aanbied vir kinders en volwassenes. Hy kan jou help om jou volle potensiaal te bereik, meer selfvertroue te kry en om jou spel te geniet ? maak nie saak of jy nou ?n beginner of gevorderde speler is nie. Heinrich bied tennisklasse aan by die Silver Lakes tennisbane en gholflesse by die Kimiad afslaanbaan. Vir meer inligting bel hom by 082-771-5150.
Leer jouself beskerm
To-Shin Do is die bestudering van die eeue-oue kuns van die Ninja krygsman. Di kuns is nou aangepas om by die moderne mens se lewe in te pas en veral om jou te help om jou en jou gesin te beskerm in ?n gewelddadige samelewing. Daar is klasse vir juniors, volwassenes, selfverdediging vir vrouens, private klasse en klassieke Ninjitsoe. Die klasse word aangebied in 233 Markstraat, Grootfontein Landgoed, uit met Garstfonteinwegverlenging. Vir meer inligting, bel vir Denis by 083-259-5357.
Word ?n bergfiets-boffin
By die Kungwini Bergfiets-baan kan jy op ?n hindernisbaan allerhande vernuftighede gaan aanleer, soos om met jou fiets te spring, en oor bruggies en stompe te ry. Daar word inleidingskursusse aangebied en ook gevorderde kursusse. Di baan word gereeld verander en hou aan uitdagings bied aan ervare fietsryers. Waar daar moeilike hindernisse is, word daar altyd ?n ?chicken run? opsie gebied vir die wat nie baie waaghalsig voel nie. Daar is ook parkeerplekke vir die voertuie van fietsryers wat op ander plekke in die Bronberg-omgewing wil gaan ry. Die braaigeriewe is vir kuier na die trappery. Kungwini Bergfiets baan is uit met Garstfonteinwegverlenging, 15 km van Woodlands oulevard. Draai regs by die Spenmist Engineering bord en draai links by die tweede grondpad. Dit is die derde plot aan jou regterkant. Vir meer inligting, bel vir Maarten by 072-225-8557.
Word deel van ?n dromsirkel
Was jy al ooit deel van ?n kring mense wat om ?n vuur sit en saam dromme slaan? ?Klitsgras Drumming Circle? hou elke nou en dan ag-lange dromslaan- werkswinkels. Daar is verskillende afrigters vir beginners, di wat al bietjie kan dromslaan en di met gevorderde kennis, aangebied deur Vaughan Harris en El Haig. Behalwe vir werkswinkels word daar by Klitsgras ook spesiale geleenthede gehou en spanbou en ander aktiwiteite aangebied. Dis ook die plek om jou dromme te laat regmaak en waar jy nuwe instrumente kan koop. Klitsgras is uit met Garstfonteinweg-verlenging. Vir meer inligting, bel vir Andries by 012-811-0100 of 083-311-0025.
Leer Boeredanse
Ken jy die kwadriel, kotiljons of die padika? Of wat van die masurka, lansiers, setties, askoek of die hotnotsriel? Die opskop-danse wat op die randjie van uitsterwing was, herleef nou weer in die Bronberggebied. Klasse word in Kleinfontein gehou. Vir meer inligting, bel vir Fiefie by 073-172-6445 of Sonika by 083-726-0002.
Leer vuurdanse
Die eerste vuurput in die land is vir vuurdansers gebou in die Bronberg-gebied by Klitsgras, uit met Garstfonteinweg-verlenging. In di sirkel, wat doen iets nuuts die/the 12 meter in omtrek is, kan tot ses vuurdansers gelyk dans. Hier word vuurdans werkswinkels aangebied wat die volgende tegnieke insluit: kort en lang staf, poi en diablo. Vir meer inligting, bel vir Andries by 083-311-0025.
Leer jou lyf liefkry
Op soek na ?n plek in ons omgewing waar jy nuwe oefeninge kan aanleer? Een-uur ?Callanetics? klasse word in Grootfontein aangebied op Maandae 5:30 nm en Saterdae 8 vm. Die klasse help jou om spiere te versterk, soepelheid terug te kry, jou rug te beskerm en jou postuur te behou. Dit is ?n veilige oefenmetode wat die hele familie saam kan doen, van verwagtende moeders tot klein kindertjies. Die klasse word aangebied in 233 Markstraat, Grootfontein Landgoed, uit met Garstfonteinwegverlenging. Vir meer inligting, bel vir Katalina by 082-051- 1213.

Doen iets nuuts
As jy daarvan hou om ongewone dinge uit te snuffel is hierdie die afdeling vir jou. Boekwurm, versamelaar, avonturier, natuur- of diereliefhebber, elkeen sal hier iets kan raaklees van ?Eureka!? tot ?eina?. Die ?ag-jitte? afdeling is veral vir kinders.

Swem in ?n rotspoel
Die rotspoel by Nkwe is geslagte reeds bekend as ?n baljaar-, vleisbraai-, piekniek- en swemplek. Die kuile word gevoed deur die boloop van die Pienaarsrivier en daar is fonteine al langs die rivier af, wat vandag plekplek opgedam is. Toegang vir dagbesoekers is R20 per volwassene en R10 vir kinders onder 12. Nkwe Karavaanpark bied karavaan-staanplek en daar is karavane te huur vir di wat ?n naweek in die natuur wil deurbring. Nkwe is in Tierpoort, 15 km vanaf Hans Strijdomrylaan uit met Lynnwoodweg-verlenging. Vir meer inligting, skakel 012-811-0095 of bel vir Francois Liebenberg by 082-978-9631.
Vat jou vierwiel baan toe
As jy in ?quads? belangstel is dit ?n goeie idee om jou vernuf, of gebrek daaraan, op ?n behoorlike baan te toets. Harry?s Quad Track, naby Bronkhorstspruit, bied jou ?n 30 km uithou-roete methindernisse, water, gedeeltes waar jy maar kan vetgee, ?n kans om deur bome te ry, ?berms? en haarnaald draaie. Di wat nie die hele baan wil ry nie, het volop omdraai-kans. Daar is ook ?n 3 km baan vir kinders, braaigeriewe en afdakke vir skadu. Dit kos R100 per vierwiel of motorfiets vir die hele dag. Jy kan dan soveel ry as wat jy wil. Di baan is slegs 45 minute van Pretoria, Johannesburg en Witbank. Vir nadere aanwysings bel vir Harry Lintveldt by 082-928-8888.
Soek kristalle
Die deel van Zwavelpoort waar deursigtige kwartskristalle voorkom strek rofweg van die noordoostelike kant van Mooikloof se grens tot by die Zwavelpoortspruit. Loop in die paaie in di gebied nadat hulle geskraap is of na ?n renstorm, en die kanse is goed dat jy ietsie sal sien blink. En, nee, dis nie glasstukke nie.
Maanlig piekniek
Het jy al ooit in die maanlig piekniek gehou? As die son gesak het, is dit tyd vir ?n romantiese piekniek met kerse by Lievland. Of ervaar ?n sonnige Sondag piekniek en teetuin, plesier perderitte met veldpiekniek en donkiekar-ritte. Lievland bied ?n klipskuur, kapel en pragtuine vir verjaarsdae, troues, of selfs ?n doop of kombuistee, asook ?n boma vir potjiekos, spitbraai, buffet-etes en ontbyt. Daar is ook ?n kersfabriek waar aankope gedoen kan word en mosaek werkswinkels word aangebied. Lievland is in die Pienaarspoort/ Donkerhoek omgewing, uit met die ou Bronkhorstspruitpad. Vir meer inligting bel Riana by 083-447-5364.
Ruil jou ou boeke in
Dis met nostalgie wat die meeste van ons Sunnyside se ou ?book exchanges? onthou. Goeie nuus is dat daar nou so ?n plek in ons eie ontrei is ? die ?Book Exchange? op plot 126, Bashewa. Maar jy hoef nie net in te ruil nie, jy kan ook sommer net koop. En hier is bykans enige soort boek ? van die nuwe Harry Potter-reeks tot Afrikaanse boeke, Engelse historiese romans, Sci-Fi, hygromans, spanningsverhale, ou ?Westerns, non-fiksie, geestelike boeke, Mills & Boons en selfs opvoedkundige boeke. Vir padaanwysings, kyk na die Book Exchange advertensie. Vir meer inligting skakel 012-811-0474 of 082-644-9750.
Snuffel ongewone goete uit
Sikspence is ?n plek waar jy ?n hele lot ongewone dinge kan raakloop, van geroeste ou melkemmers en antieke versamelstukke tot kepsies wat uit bier-en-koeldrankblikkies geskep is, en houtkruise wat van ou tafelpote gemaak is. Esm Etsebeth probeer om ?n verskil te maak deur produkte te verkoop wat deur vrouens gemaak word wie se families Vigs het. Sy verkoop ongewone dinge wat van herwinbare materiaal gemaak is en ook produkte van niewinsgewende welsynsorganisasies. Sikspence is in 950 Olympusrylaan, ?n klipgooi van die sirkel voor Glen Village. Bel vir Esm by 082-456-5127. ? Gaan snuffel ?n bietjie rond by Old Farm Furniture langs Farmers Shed in garstfonteinweg. Hulle verkoop nuwe en gebruikte meubels en elke nou en dan staan daar iets ongewoons soos ?n riempiesbank wat gerestoureer word. Vir meer inligting kontak Martin by 082-565-0086 of Phillip by 083-859-2238.
Speel met minie-diertjies
Gert Vorster van The Small Five se miniatuurdiertjies is die ideale ding om enige naweek op te kikker. Met sy ?Mini-Zoo-2-U? konsep, pak hy sy ?HAPPINESSISNOWHERE? trok vol ongewone gediertetjies, soos miniatuur donkies, perdjies en ?n Alpakka, wat hy na jou toe bring. Di diertjies is wenners by kinderpartytjies, kleuterskole, kerkbasaars, skool kermisse, ouetehuise of promosies. Die miniatuur diertjies kan ongelukkig nie by hul eie blyplek besoek word nie, maar hulle kom graag na jou toe. Vir meer inligting bel vir Gert by 082-871-7758 of 012-993-3829.
Pret met plaasdiere
Op soek na ?n pretplaas vir kinders? By Wings & Things koop jy ?n mandjie voer teen R15 en kinders kan dan ?n verskeidenheid plaasdiere in kampies voer ? van donkies, ponies, skape, hasies, kuikens en bokke tot boepens varkies. Daar is ook Koi-visse, reptiele en hand- grootgemaakte papegaaie, alle soorte swane, eksotiese watervols, fisante en poue by di volplaas en troeteldierwinkel. Wings & Things is by Plantland, langs Farm City op die hoek van Atterburyweg en Olympusrylaan. Vir meer inligting, skakel 012-991-7555 of 082-254-1677.
Dinge in ?n bos
Bydi Bos is ?n plek wat spesialiseer in kinderpartytjies, maar ook graag partytjies vir grootmense hou. Daar is twee reuse sandputte met swaaie, ?n boomhuis en klimrame asook twee ?foefie slides?, twee bane vir fietsiesen karre en ?n verskeidenheid plaasdiere. Daar is ook braaigeriewe, ?n swembad en volop geleentheid om in die bos te gaan stap. Grootmense kan bietjie gaan kyk na die plek in die bos wat sy eie badkamers, kroeg en boma het. Cathy doen tema-partytjies en bied verskillende pakkette aan. Sy het al ?n klein troue in die bos gedoen en ?n klomp jaareindfunksies. Bydi Bos is in Donkerhoek, slegs 10 minute se ry vanaf Hans Strijdomrylaan. Bel vir Cathy by 072-299-9377
Wandelpad
Ons wreld spog met die mooiste veldblomme, spruite, inheemse bome en vols. Ongelukkig is daar nie baie wandelpaaie wat oop is vir die publiek in die hoewegebied nie. Een van die enigste maniere om die Bronbergrif te ontdek is om koers te kies Faerie Glen Natuurreservaat toe. Die reservaat is gele waar die Bronberg begin en die ingang is uit Louis Botha-rylaan. Om aan te sluit by Vriende van Faerie Glen Natuurreservaat, bel Jo-Mey Dreyer by 083-380-0500..
Oornag by ?Paintball? plaas
By ?Paintball Plus? kan jy kom baljaar in ?n sorgvrye plaasatmosfeer. Daar is braai- en piekniekgeriewe, ?n uitkyktoring, plaasdiere, ?n bos, loopgrawe, skanse en oop veld vir verdere avonture. Wat di plek anders maak is dat ?n mens selfs daar kan oornag as jy jou eie tent bring. Di opset is ideaal vir kinderpartytjies, spanbou of familie-uitstappies en ?n mens kan die hele plek vir jouself huur. Paintball Plus is in Tierpoort en kan bereik word met Lynnwoodweg (draai af by die Nkwe bord) of Garstfonteinweg (draai af by die Tierpoort-sentrum). Vir nadere aanwysings, bel vir Louwrens Erasmus by 082-413-8955.
?Paintball? kom na jou toe
Di wat oor naweke die adrenalien wil laat pomp, kan ?n ?paintball? avontuur of twee rel. As jy nie lus is om op ?n baan te gaan speel nie, kan jy en jou vriende altyd rel dat die ?paintball? baan na jou toe kom. Paintball Industries is die naam van ?n Bronberg maatskappy wat ?n mobiele baan het wat maklik op jou eie plot opgerig kan word. Di maatskappy is op die hoek van die Mooiplaats-grondpad en Boschkop- teerpad, ongeveer 1,8 km vanaf Lynnwoodweg. Vir meer inligting kontak avonturier Rob Allin by 074-152-2852.

Proe iets nuuts
In ons kontrei kan jy lekker eet ? van stewige borde boerekos tot seekos, visdisse, fondue?s, pizzas en burgers. As jy die veilige koskeuses opsy wil stoot en iets anders wil waag, is hierdie vir jou.

Skaapkop
Faan Smuts, ?n boorling van die Weskus wat hom in Bronberg-wreld bevind, is ?n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Skaapkop en Afval Gilde. Sedert die beskeie ontstaan van die gilde knap 15 jaargelede, het die gewoonte om saam te kuier om ?n afvalpot of skaapkoppie soos ?n veldbrand deur die land versprei. Kom probeer so ?n ou koppie of afvalpotjie by Bronberg Lodge in Lynnwoodweg-verlenging, langs die Boschkop-afdraai. Vir meer inligting skakel 012-809-0130 of 082-820-7339.

Hoor iets nuuts
Bronberg-wreld is vol gemoedelike kuierplekke wat oor naweke gaskunstenaars kry om musiek te maak. Hier vertel ons jou van ?n ?rock? fees in Tierpoort en ?n nuwe klub-eienaar se toekomsplanne vir musiekfeeste in Donkerhoek

?Rock? fees
Op Saterdag 1 Maart is daar ?n reuse ?Rock & Roll? fees in Bronberg-wreld. Dit word by Ed?s Place gehou en die 13 ?bands? wat optree sluit name in soos ?Damn Right?, ?L.A. Cobra?, ?Straatligkinders?, ?Tripple Bypass?, ?Juggernaut? en ?Miserecord?. Die ?bands? begin in die middel van die dag speel, maar die hekke maak reeds 9 vm oop vir die kunsen handwerkmark. Toegang is R60 per persoon en die paartie gaan tot duskant middernag aanhou. Di wat dit nie huis toe kan maak nie, sal bly wees om te hoor dat kampering toegelaat word. Ed?s Place is in Garstfonteinweg-verlenging, ongeveer 12 km anderkant Woodlands Boulevard. Vir meer inligting, skakel 012-811-0912 of 082-219-6266.
Lewendige klub
Blikbord Klub se nuwe eienaar, Riaan van Wyk, is vol planne vir groot musiekfeeste in die toekoms. ?Country shows?, ?rock bands?, Afrikaanse musiek ? Blikbord is ?n kuierkroeg waar jonk en oud saam die dansvloer oorneem. Die nuwe buite-kroeg is ideaal vir ?n rustige Sondagmiddag braai terwyl jy na die ?country show? luister. Blikbord Klub is op die ou Bronkhorstspruitpad, R104, waar die Pienaarspoort grondpad uitdraai. Skakel 083-290-6304 vir navrae.

Plant iets nuuts
Kom put inspirasie uit ?n agtermiddag in een van die Bronberg se kwekerye. Of jy nou op soek is na plaaslik gekweekte inheemse spesies, grondbedekkers, struike, potplante, bome of ongewone fokus-punte vir jou tuin ? hier is waarheen jy kan gaan.

Groot op endemies
Hedera Kwekery is bekend vir sy plante wat klimaat- aangepas is vir ons kontrei en sy groot verskeidenheid bome wat endemies is aan die Bronberg-gebied. Kobie en Hannes de Wet staan jou by met kundige advies oor plante en bome, en help graag met nuwe idees, soos die opbou van ?n waterbesparende droogtuin met aalwyne en vetplante. Hedera bied ook ?n klubkaart aan gereelde kopers wat verskeie ategorie afslagaanbiedinge waarborg. Kyk uit vir Hedera Kwekery se afdraaibord langs Garsfonteinweg-verlenging, ongeveer 17 km verby die Pretoria- Oos hospitaal. Bel vir Kobie of Hannes de Wet by 012-811-0207, 082-551-6015 of 082-335-6135.
Kundige kweek hier
Bafana Inheemse Kwekery is langs die Bafana Kafee in Lynnwoodweg-verlenging, sowat 8 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Dirk Marais, die veteraan- kweker van geharde en gesonde inheemse bome, struike en plante, spits hom toe op die grootskaalse kweek van meer as 300 inheemse spesies. Di plante word in ons eie omgewing gekweek en is aangepas vir ons klimaat. Vir meer inligting bel vir Dirk Marais by 083-378-3588 of June Chapman by 072-240-0134.
Groen goud
Living Gardens verskaf al vir bykans 15 jaar lank plante aan landskap-argitekte vanuit hul groothandel-kwekerye waar die publiek ook plante teen sakpas-pryse kan aankoop. Dié kwekery bied top-gehalte, bekostigbare plante, goeie diens en aflewerings wat altyd betyds is. Die Lynnwood-kleinhandeltak is op plot 141, Lynnwoodweg, oorkant Willow Way winkelsentrum. Kontak hulle by 012-807-1944. Die Bronberggroothandeltak is in Lynnwoodweg-verlenging, tussen Paul Jungnickelhuis en Eastridge Building & Supply Centre. Kontak hulle by 072-902-7815.
Fokus-punte
Tuscany’s is vanaf 1 Februarie onder nuwe bestuur. Anton en Elaine Els, die nuwe eienaars, nooi julle om te kom kyk na die opwindende veranderinge, honderde nuwe potte, sement- en houtbankies, interessante ‘water features’ en uiteenlopende verskeidenheid landskap- en tuinbouprodukte. Die trampolien en klimraam sal die kinders besig hou terwyl die ouers iets te ete en te drinke kry onder die koel eikebome van die teetuin. Tuscany’s is in Lynnwoodweg-verlenging, 1 km vanaf die Hans Strijdomrylaan kruising. Bel vir Anton of Elaine by 012-809-1715.
Projekte
Op soek na ’n kwekery wat ook landskapontwerp en besproeiingsprojekte vir jou kan aanpak? Loubser Kwekery / Garden City is al sedert 1993 aan die gang. Dié kwekery het’n paar spesiale aanbiedinge wat strek van Iceberg rose teen R15, grondbedekkers vanaf R3, Abelias vanaf R10 en Durantas vanaf R10. Hulle is op plot 254, Bushweg, Willow Glen en is oop van Dinsdae tot Saterdae van 8 vm tot 5 nm. Vir meer inligting, bel vir Ferdi by 082-468-3818.
Rose-koning
By die Bronberg se eie roosplaas, Soleil Ludwig’s Cut Roses, kan jy daagliks ’n wye verskeidenheid vars, gesonde snyrose aankoop. Ludwig se roosplante is op die plaas gekweek en geklimatiseer om in die gebied te floreer. Jy kan by die kleurvolle sprokieswêreld van Soleil gaan kuier op Plot 4, Tygervallei. Die toegangspad draai uit Lynnwoodweg-verlenging, 3 km oos van Hans Strijdomrylaan. Bel hulle by 012-809-0134.

Terug na toeka
Die Bronberg-gebied is ryk in geskiedenis. Dié wat wil sien hoe toeka se inwoners geleef en geboer het, kan by hierdie museums gaan inloer.

Sammy Marks Museum
Die Sammy Marks-museum op die ou Bronkhorstspruitpad is een van die bekende landmerke in die Bronberg-gebied. Die plaas se naam is Zwartkoppies en Sammy se huis is Zwartkoppies Hall gedoop. Die huis het na verskeie aanbouings 45 kamers gehad vol ornamente en handgemaakte meubels van vervloë dae. Die museum hou gereeld kontreimarkte. Vir meer inligting skakel 012-802-1150.
Willem Prinsloo Landbou Museum
Dit is by dié museum op die ou Bronkhorstspruitpad waar die jaarlikse Nasionale Mampoer en Witblits-stookkampioenskappe gehou word. Die Willem Prinsloo Landboumuseum is ’n kombinasie van opelugmuseum met egte plaasatmosfeer en kultuurtradisies, ou opstalle en permanente uitstallings soos veteraan landbou-implemente, koetse, trêppies en waentjies. Daar is tipiese plaasaktiwiteite soos trekkers aan die werk, broodbak in ’n buiteoond en verepluk. Vir meer inligting skakel 012-736-2035.

 

© 2020 Die/The Bronberger