Het jy gehoor? / Have you heard? – Okt2024 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 17 October 2024 13:00
Untitled Document


Die Senior-Ekspo word op 25 Oktober van 9 vm tot 5.30 nm by die NG Gemeente Lux Mundi, Florisstraat 685, Garsfontein gehou. Daar is ’n uitstalling waaraan 30 organisasies deelneem en ’n oggend- en middagprogram. Vir die oggendprogram moet kaartjies bekom word; die res van die dag is gratis. Die oggendprogram bestaan uit ’n spesiale “High Tea” glansgeleentheid in die kerksaal. Kaartjies kos R100 en is by Susan Burger te kry: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 074-890-1531. Sprekers sluit Blouwillem Theron, Cilliers Brink, prof Stephan Joubert, dr Karel Prinsloo en dr Johan Coetzee in. Die gewilde sanger, Jannie du Toit, asook twee kore tree op. Dit gaan ’n dag van vrolikheid en inligting vir al drie geslagte wees, oupa en ouma, ma en pa en die kleinkinders, met vermaak vir oud en jonk en eetgoed vir elke smaak.

~*~


The Silver Lining Festival starts at 2 pm on 2 November at Silver Lakes Farm Hotel, Farm Inn Road, Silver Lakes.Music is the silver lining to anything in life and the following artists are performing: Chris Chameleon; Bobby Van Jaarsveld; Will Linley; Saxby Twins; Majozi; Eloff; Rubber Duc and Holly Rey. Ticket prices are: Adults – R250; high school children – R180; primary school children – free; and pensioners – R180. Tickets are available at itickets.co.za.

~*~


Rayton se Tuinkuierdag is op 26 Oktober om 9.30 vm op die hoek van R515 en Naudestraat. Kuier saam met ’n blomtooisel op jou kop en luister na ’n landskapargitek, ’n Kokkedoorsjef en ’n praatjie oor tuinplae. Daar sal verskeie kraampies wees. Die dag word deur die Hervormde Kerk Premiermyn aangebied. Toegang is R200 en sluit ’n te ete kardoes in. Daar is pryse te wen. Skakel 083-682-1252 of 083-651-6721.

~*~


Die Crafters Fair Kersmark word daagliks van 9 vm tot 6 nm (gesluit op Sondae) van 25 Oktober tot 4 November by Moreleta-kerk aangebied. Meer as 250 uitstallers vertoon kwaliteit handgemaakte kuns en handwerk. Toegang is R10 en kinders onder 12 gaan gratis in. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Die kerk is in De Villebois Mareuil-rylaan 1352, Moreletapark.

~*~


Joshua Na Die Reën met sy volle orkes tree om 6.30 nm op 25 Oktober by Wapadrant-gemeente, Sunriseweg 3, Olympus op. Kaartjies vir volwassenes kos R200, vir hoërskoolkinders R100 en vir laerskoolkinders R50. Die kaartjies is by Quicket beskikbaar. Worsbroodjies teen R30, kerrie en rys teen R40 en koeldrank en water is beskikbaar. Plaas bestellings by Wapadrant-kerkkantoor: 012-991-1395. Die fondsinsameling is ten bate van die gemeente se jeugbediening.

~*~


The Asher’s Animal Rescue Expo is from 9 am to 3 pm on 9 November at plot 37, Tweedragt. Entry is R20 at the gate and children under 12 years old enter for free. There will be vegan food, craft and produce stalls, a children’s programme and playground, educational talks, horse grooming classes, live vegan cooking demonstrations and trailer rides. Support Asher’s Farm Sanctuary while learning about animal welfare, enjoying great food and spending quality time with family and friends. Contact them on 083-784-5554 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it for more info.

~*~


Die Pretoria Wildsfees word vanaf 9 vm op 2 en 3 November by die Fire & Wine-arena op plot 43 langs die Boschkoppad (R631), Zwavelpoort gehou. Feesgangers kan uitsien na ’n wye verskeidenheid buitelugprodukte, ’n wildsfeesmark, diereveilings, musiekvertonings en volop te ete. Daar is ’n biertuin en speelarea vir kinders. Kaartjies vir volwassenes vir die Saterdag kos R200 en vir die Sondag R100. Onder 18’s betaal R50 en kinders onder ses gaan gratis in. ’n Naweekpas vir volwassenes kos R250 en vir onder 18’s R50. Kaartjies is by Howler.co.za te koop.

~*~


Festive Fijnwyn word van 10 vm tot 5 nm op 9 November by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Met meer as 30 bekende wynlandgoedere wat hulle beste uitgesoekte wyn ten toon stel is dié ’n perfekte kans om te proe, te eksperimenteer en die lewe te vier. Daar is veilige parkering, musiekkunstenaars wat op die verhoog optree en verskeie koskraampies. Kaartjies kos R200, sluit ’n glas en wynproe in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Indien jy Bronkhorstspruit op die eerste Saterdagoggend van elke maand van Pretoria se kant af binnekom, kan jy by die eerste verkeerslig links glip na die Bronkies Boeremark by Die Draai, Cathiestraat. Die organiseerders wil jou graag nooi om hulle dorpie se gasvryheid eerstehands te geniet. Vir meer inligting, bel Vasti (083-225-8777) of Yolande (083-670-4537).

~*~


Stofpad Events hou op 26 Oktober ’n fietsrydag wat om 8 vm by Broodblik en Koffiepit op die R51 Pretoriapad tussen Petit en Bapsfontein afskop. Dié blitsuitdaging sluit ’n 70 km, 40 km, 20 km en 10 km roete in sowel as ’n nuwe 1 km roete vir kinders. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of WhatsApp: 082-497-7730.

 

© 2025 Die/The Bronberger