Het jy gehoor? / Have you heard? – Sep2024 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 20 September 2024 08:00
Untitled Document


Die FAK Familie- en Erfenisfees is op Erfenisdag, 24 September van 8:30 vm tot 3 nm in die Voortrekkersaal by die Voortrekkermonument. ’n Inligtingsessie met tema ‘Die A, B, C, D, E, F, G van Genealogie’ word om 11 vm gehou. Vat jou vrae en bekende leidrade en ontmoet uitstallers soos: die FAK Genealogielessenaar, die Bartmann-, Bekker-, Botha-, Claassen-, De Lange-, Dreyer-, Human-familie, die Fourie-, Malan- & Swart-familiebond, asook die Genealogiese Genootskap van SA: Gauteng-noordtak, die Hugenote Vereniging van SA en die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis. Koskraampies en ander erfenis-aktiwiteite kleur die dag in. Navrae: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of www.genealogielessenaar.com.

~*~


Fijnwyn Innie Lente is op 28 en 29 September, daagliks vanaf 10 vm tot 5 nm, by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort. Daar is veilige parkering, musiekkunstenaars wat op die verhoog optree en verskeie koskraampies. Kaartjies kos R200, sluit ’n glas en wynproe in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Wet Nose Animal Rescue Centre’s Pamper-A-Pooch day is on 28 September from 10 am to 2 pm. You’ll have the joy of bathing, grooming and pampering the shelter pets, showering them with the love they need. After their spa day, why not show off their polished looks with a leisurely stroll through the dog walk park? Take a bag of dry dog or cat food. Spare towels or brushes will be appreciated. Wet Nose is at plot 75, Vaalbank on the Old Bronkhorstspruit Road (R104). Contact them at 068-328-3121 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Poësie Apteek word op Sondag 29 September om 3 nm by Wilge-teater, Hoërskool Die Wilgers, Frankweg 8, Die Wilgers aangebied. Die dag belowe lekker lag, baie gesels en baie poësie saam met talentvolle Jak J Brits en Stiaan Bruwer. Kaartjies kos R150 en is by quicket.co.za beskikbaar.

~*~


Lyfies en Lilo’s Musiekfees is op 12 Oktober by Nkwe Plesieroord, Nkweweg, Tierpoort. Kunstenaars wat gaan optree, is: Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Die Piesangskille, Van Pletzen, Die Heuwels Fantasties, Refentse, Tatum en Margot Rothman. Kosbediening open om 9 vm en die biertuin open om 11 vm. Die kunstenaars tree vanaf 1 nm op. Vat jou eie kampstoel saam. Kaartjies is by itickets.co.za te koop en is beperk tot 3 000. Toegangskaartjies kos R350.

~*~


‘Mom and Me Moments: A Skill-Building Morning Together’ is on 27 September from 9 am to 1 pm at Anja's Tea Garden, 1190 Stellenberg Road, Equestria. The event is tailored for mothers and their pre-teen daughters (ages 9 to 12). Spend a meaningful morning together in a tea garden, filled with creative activities, treats and expert-led life coaching workshops that will teach you and your daughter essential communication skills and conflict resolution strategies. Tickets cost R680 per mother-daughter pair and include all workshop materials, refreshments and take-home creations. E-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Phone: 065-984-4866 or 071-130-1447.

~*~


‘Liewe Heksie’ word op 24 September om 9.30 vm en 12.30 nm by Fairtree Atterbury-teater met Phillru van Achterbergh, Ana van Achterbergh, Botha Enslin en Elizma Byleveldt aangebied. Die opvoering spring weg met ‘Liewe Heksie en Botterblom’. Botterblom is Blommeland se koei wat vir al die kaboutertjies melk moet gee. Ná die pouse is ‘Liewe Heksie en die Tuindwergie’ aan die beurt – ’n Heksie-storie wat Liewe Heksie se skepper, Verna Vels, kort voor haar dood, spesiaal vir regisseur, Frans Swart van Lefra Produksies geskryf het. Kaartjies kos R150 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.

~*~


’n Tuinkuierdag word op 26 Oktober om 9.30 vm op die hoek van R515 en Naudestraat, Rayton aangebied. Gaan kuier saam en luister na ’n landskapargitek en ’n Kokkedoorsjef. ’n Protek-konsultant gaan tuinplae bespreek. Daar sal verskeie tuin-verwante en ander kraampies wees. Die dag word deur die Hervormde Kerk Premiermyn aangebied. Toegang is R200 en sluit ’n te ete kardoes in. Wees vrolik en sit ’n blomtooisel op jou kop. Daar is pryse te wen. Skakel 083-682-1252 of 083-651-6721.

 

© 2025 Die/The Bronberger