Kunstenaars verkoop goed by uitstalling Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 21 January 2010 11:20
Untitled Document

Elsabé Maré

Cullinan se kunstenaars het die kans aangegryp om van 16 Desember tot 10 Januarie in ’n splinternuwe lokaal, die Cullinan Diamond Lodge in Hotelstraat 2, uit te stal.

Die inisiatief vir dié uitstalling is deur die staalkunstenaar, Johan du Plessis en sy vrou Cathleen geneem. Van die kunstenaars wat deelgeneem het, is Martie Botha, Edith Schmidt, Elim Crafford, Marlize Pretorius en Hannes Delport se stillewes in kombinasie met Johan du Plessis se beeldhouwerk.

Tien persent van al die werk is binne drie weke verkoop en geriewe word nou geskep vir ’n permanente galery op die perseel.

 

 

 

© 2020 Die/The Bronberger