In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Die sagte linte van rokerige vure in die aandlug
Foto: Dewald Visser

Dorstige sebras in die Dinokeng-wildreservaat
Foto: Ronell van der Merwe

Die geelbekneushoringvoël het nuuskierig nader aan Derek Bekker se kameralens beweeg

’n Tierpoortse wintertoneel met ’n perd genaamd Angel
Foto: Donatella Casillo

Antoinette Basson het dié besondere veertjie-wolke bewonder

So word nog ’n dag afgesluit
Foto: Emma Koekemoer

’n Trop buffels in die wintersonnetjie by Rietvlei-natuurreservaat
Foto: Hermann Grobler

Sonsondergang op die plaas Onbekend te Welbekend
Foto: Ronell van der Merwe

Luanay Laubscher het dié toneel verewig

Hermann Grobler van Rayton het dié geelbekeend by die Austen Roberts-voëlpark raakgeloop

Die son kom oor Kleinfontein op
Foto: Ria N Pieterse

Eus de Clerk het dié swaan by ’n plantkwekery in Pretoria gesien

Twee Njala-bulle in die Bronberg-bewarea
Foto: Duncan Gooch

’n Dikbekwewer soos gesien deur die lens van Albert Bester

Die laaste bietjie lig vir die dag op Rayton
Foto: Ineke Venter
|