
Die Valleipartei en Kinderkarnaval word op 31 Augustus vanaf 8 vm by NG Valleisig-gemeente op die hoek van Tipperary- en Mayostraat in Faerie Glen gehou. Daar gaan verskeie kraampies wees en buite-uitstallers is welkom. Vir navrae bel Riaan Visser: 082-459-4293.
~*~

Klitsgras hou op Saterdag 24 Augustus ’n interaktiewe tromsessie. Die hekke maak om 4 nm oop en die tromsessie begin om 6 nm met ’n kort opleidingsessie. Die sessies word deur ervare trominstrukteurs behartig en deelnemers word deur ’n reeks tromtegnieke en ritmes gelei. ’n Trom kan teen R50 gehuur word. Klitsgras is op plot 62, Tierpoort op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en Tierpoortweg. Skakel 083-311-0025. Toegangskaartjies is by quicket.co.za of kan by die deur gekoop word.
~*~

‘Wonka’ word van 1 tot 3 September om 9 nm deur Freedom Dance Studio by The Distillery, Rosemary Hill aangebied. Dit is die dans-interpretasie van Willie Wonka se verhaal en hoe hy sy drome om ’n sjokolademaker te word gevolg het. Ballet, kontemporêr, hip-hop, jazz, modern, musikale teater en klopdanse word ten toon gestel. Kaartjies kos vanaf R220 en is by quicket.co.za te koop. Rosemary Hill-landgoed is op die Boschkop-grondpad (R964) op Mooiplaats.
~*~

‘Mandri en Schalk doen ’n show’ word op 3 September om 7 nm by Plaaslik in Equestria aangebied. Dié opvoering belowe humor, artikulasie, alliterasie en nog humor. Kaartjies is by quicket.co.za te koop. Dit kos R450 en sluit ’n ete in. Neem gerus jou eie wyn saam. Plaaslik is op dieselfde perseel as Afroboer in Meerlustlaan 1.
~*~

Padstal hou ’n talentkompetisie. Dié reis om Suid-Afrika se top musikale talente te ontdek begin op Donderdag 29 Augustus om 8 nm. Daar word agt rondtes, elke Donderdagaand tot 17 Oktober, gehou. Die paneel beoordelaars sluit die plaaslike Albert Bredenhann in, Bino Boshoff, direkteur van Universal Music Local South Africa, en verskeie bekende musikale kunstenaars sal as gasbeoordelaars optree. Die top agt deelnemers gaan na die semi-finale rondte deur en staan ’n kans om pryse te wen, insluitende R40 000 en ’n opname-kontrak van Universal Music. Padstal is by The Highwaystraat 265, Equestria. Skakel 061-680-3388 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~

Kabaretkunstenaar, liedjieskrywer en aktrise, Helena Hettema, bied op 25 Augustus om 3 nm ’n veelsydige program saam met ander musikante aan om haar musiekreis deur die jare en digbundel in wording by Atterbury-teater ten toon te stel. Helena sing in Engels, Afrikaans, Frans, Italiaans, Spaans en Nederlands. Sy is reeds 30 jaar in die musiekbedryf en het deurgaans lof ontvang vir haar vertolkings van Piaf en legendes soos die Vlaams/Franse sanger-liedjieskrywer Jacques Brel, Mireille Matthieu en Charles Aznavour. Kaartjies kos R200 tot R250 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.
~*~

‘Besties, Buddies & Bubbles’ is die naam van ’n fondsinsameling-ontbyt vir Jakaranda- en Louis Botha Kinderhuise op 24 Augustus om 9 vm by Monte de Dios, plot 106, Achillesweg, Zwavelpoort. Kaartjies kos R300 en is by tixsa.co.za beskikbaar.
~*~

’n Duitse bierfees word op 7 September van 9 vm tot 6 nm by die Cullinan-biblioteekpark gehou. The Oompah International Band en die Eisbeins tree in die biersaal op en tipies Duitse kosse word te koop aangebied. Vyf bierbrouers neem deel en daar is ook wynproe en ander fynproewersdrankies sowel as kuns- en handwerkkraampies. Bel Danie Booysen: 082-926-4326.
~*~

Die FAK Familie- en Erfenisfees vat weer hande met die Voortrekkermonument en Die Erfenisstigting op Erfenisdag, 24 September. ’n Inligtingsessie met tema ‘Die A, B, C, D, E, F, G van Genealogie’ word van 8:30 vm tot 3 nm in die Voortrekkersaal gehou. Daar is ’n paneelbespreking om 11 vm. Vat jou vrae en bekende leidrade en ontmoet uitstallers soos: die FAK Genealogielessenaar, die Bartmann-, Bekker-, Botha-, Claassen-, De Lange-, Dreyer-, Human-familie, die Fourie-, Malan- & Swart-familiebond, asook die Genealogiese Genootskap van SA: Gauteng-noordtak, die Hugenote Vereniging van SA en die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis. Koskraampies en ander erfenis-aktiwiteite kleur die dag in. Navrae:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of www.genealogielessenaar.com. |